US Woordfees Skrywersfees 2015

Skrywersfees 2015

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa Arts
53 Episodes
32 – 52

Elaine Marais: Afdraaipad

Aangebied deur Naledi Wanneer Lize in Engeland aankom en verlief raak op haar gasheer, Conrad Buckle, kies sy ’n afdraaipad en swenk met elke nuwe, ondeurdagte besluit verder weg van God en die Lize wat sy eenmaal was. Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig... Wendy Maartens gesels…
11 Mar 2015 5AM 44 min

RSG Gespreksreeks: Sielkunde

Aangebied deur Naledi en RSG Is alle selfhelpboeke van hulp? Of beklemtoon dit eerder die leser se swak plekke en tekort- kominge? Hoe kies jy die regte boek? Louis Awerbuck en Lise Swart (Wie is ek?) in gesprek oor selfhelpboeke en lesers se uiteenlopende reaksies daarop.
11 Mar 2015 4AM 49 min

Bill Nasson: WWI and the people of SA

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Johann Myburgh in conversation with Bill Nasson on the influence of the First World War on the development of South African politics, the community, and day-to-day life. Instead of a conventional military history, WWI and the people of SA is a gripping story…
11 Mar 2015 4AM 48 min

Profiel: Dorothea van Zyl, 65

Kom vier die werk en lewe van Dorothea van Zyl, die moeder van die Woordfees, saam met Niël Rademan. As Afrikaans- en Nederlandsdosent het sy ’n bepalende invloed in die loop- baankeuse en beroepslewe van menige student gehad. Haar studenteleiding, navorsings- werk, en visie en dryfkrag as Woordfeesdirekteur die afgelope…
10 Mar 2015 11AM 1 hr 01 min

Rewolusie van die hart en HaKotel, die muur

Aangebied deur Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers Wanda Bam gesels met Adriana Faling en Marzanne Leroux-Van der Boon. Faling se debuutroman, Rewolusie van die hart, volg die spannende verhaal van twee vroue van verskillende agtergronde in twee lande van 27 uiteenlopende aard, hul lewensverloop en hul stryd om die…
10 Mar 2015 10AM 40 min

PJ Powers: Here I Am

Aangebied deur Penguin Random House Die legendariese PJ Powers se lewensverhaal is deur Marianne Thamm opgeteken in Here I Am. Sonder om doekies om te draai, vertel Thandeka, soos Powers deur haar aanhangers in Soweto gedoop is, van die struikelblokke wat sy moes oorkom. Twee formidabele vroue aan die woord.
10 Mar 2015 10AM 48 min

Joan Hambidge: Matriks

Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Matriks het al die elemente wat aanhangers van ʼn Hambidge-bundel verwag: Die verhouding met die ouers en familie, gesprekvoering met ander skrywers, liefdesverhoudings en hul eindes, reise na verre plekke en gedigte met beelde en bekende sterftes as vertrekpunt. En altyd…
10 Mar 2015 10AM 55 min

Francois Smith: Kamphoer

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Sy wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy…
10 Mar 2015 9AM 21 min

Marco Botha: Baanbrekers: Hoe Suid-Afrikaanse sportleiers kampioene slyp

Aangebied deur Jonathan Ball Hoe maak sportleiers soos Heyneke Meyer, Brendan Venter, Sherylle Calder, Paul Treu, Gary Kirsten en Paddy Upton kampioene van gewone mense? Die spesialisjoernalis Marco Botha kyk in sy boek Baanbrekers na verskeie sportleiers se leierskapstyle, uiteenlopende suksesverhale en hoe hulle spelers bemagtig en ontwikkel.
10 Mar 2015 9AM 49 min

Fotoverhale: die meriete van dié verbode boekies

In baie huise was fotoverhale eenvoudig taboe, maar boekies soos Ruiter in swart en Saal 10 is wyd gelees – of dit nou skelm was of nie. Etienne en François Bloemhof en Pieter Miller, ’n kranige versamelaar wat byna 3 000 van dié boekies het, gesels oor dié verbode boekies…
10 Mar 2015 8AM 48 min

Leon van Nierop: Ballade vir ’n enkeling

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekord kykertalle bereik. Nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014 – en dit is eersdaags in teaters te…
10 Mar 2015 6AM 39 min

Deborah Steinmair: Moestas

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers: Moestas volg op Deborah Steinmair se vorige raaisel romans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering en ons sien Stasi as beskermengel én speurder in volle…
10 Mar 2015 6AM 31 min

Heinz Winckler: In ritme met God

Heinz Winckler: In ritme met God Aangebied deur CUM-uitgewers Wat maak jou wie jy werklik is? So baie jong mans soek vandag hul identiteit in die wêreld. Maar die wêreld verander elke dag – God is die enigste standvastige baken. Met In ritme met God wys Heinz Winckler, in gesprek…
10 Mar 2015 4AM 42 min

RSG Gespreksreeks: Spiritualiteit

Aangebied deur Naledi en RSG: Is dit tyd dat ons anders kyk na geloof en spiritualiteit? Hoe maak jy spiritualiteit deel van jou denke, jou herkoms en jou toekomsvisie? Abel Pienaar (God se oë is blou, ’n Dans met God), Laurie Gaum (Praat verby grense) en Theo Geyser gesels oor…
10 Mar 2015 4AM 45 min

Neerlandistiekdag Deel 4

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijckstigting, Vlaamse Kultuurstigting en Fonds Neerlandistiek. Aanbieder: Dorothea van Zyl Nederlands word lewendig vir studente én belangstellendes, met insiggewende onderhoude met die Vlaamse topdigter Paul Bogaert en die Nederlands-Irakse skrywer Rodaan Al Galidi, en die kunstenaar Jannie du Toit. Luister…
7 Mar 2015 5AM 1 hr 02 min

Neerlandistiekdag Deel 3

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijckstigting, Vlaamse Kultuurstigting en Fonds Neerlandistiek. Aanbieder: Dorothea van Zyl Nederlands word lewendig vir studente én belangstellendes, met insiggewende onderhoude met die Vlaamse topdigter Paul Bogaert en die Nederlands-Irakse skrywer Rodaan Al Galidi, en die kunstenaar Jannie du Toit. Luister…
7 Mar 2015 4AM 31 min

Neerlandistiekdag Deel 2

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijckstigting, Vlaamse Kultuurstigting en Fonds Neerlandistiek. Aanbieder: Dorothea van Zyl Nederlands word lewendig vir studente én belangstellendes, met insiggewende onderhoude met die Vlaamse topdigter Paul Bogaert en die Nederlands-Irakse skrywer Rodaan Al Galidi, en die kunstenaar Jannie du Toit. Luister…
7 Mar 2015 3AM 1 hr 08 min
32 – 52