Deborah Steinmair: Moestas
--:--
Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers: Moestas volg op Deborah Steinmair se vorige raaisel romans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering en ons sien Stasi as beskermengel én speurder in volle vaart. ’n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf. Jonathan Amid gesels met die skrywer.