US Woordfees Skrywersfees 2015

Skrywersfees 2015

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa Arts
53 Episodes
12 – 32

Deon Meyer: Ikarus

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand tevore so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs onder normale omstandighede sou die…
13 Mar 2015 10AM 46 min

Kerneels Breytenbach: Ester

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Kerneels Breytenbach gesels met Elmari Rautenbach oor Ester, sy meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Die roman is gebaseer op ’n werklike historiese insident en die gevolge daarvan: die ontmoeting in 1940 tussen DF Malan en ’n…
13 Mar 2015 9AM 43 min

Hennie Aucamp: Dalk gaan niks verlore nie

Met Amanda Botha, Amanda Strydom en Dave Pepler Tydens ’n onderhoud met sy tagtigste verjaarsdag, het Hennie Aucamp gesê: “As die taal my alles bied, hoekom na iets anders soek? Afrikaans het my koninklik behandel en hiervoor sê ek baie dankie.” In hierdie gesprek bring Amanda Botha, Amanda Strydom en…
13 Mar 2015 8AM 47 min

Danie Smuts: Boererate

Aangebied deur Penguin Random House: Penguin het Danie Smuts se gewilde Boererate pas heruitgegee. Daniel Hugo en Martie Retief-Meiring gesels oor die ontstaansgeskiedenis van tradisionele kure vir allerlei kwinte en kwale, asook die dikwels skreeusnaakse rituele wat daarmee gepaard gaan. ’n Boeiende gesprek oor ’n pragtige stukkie Afrikanererfenis.
13 Mar 2015 4AM 45 min

Die Oscar-sage

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die…
12 Mar 2015 6PM 50 min

Profiel: Esta Steyn, 70

Esta Steyn verwys na haarself as ’n storieskepper. Sy debuteer in 1979 met Plek van die boskolos en het romans, jeugromans, kinderboeke, draaiboeke en skoolliedere (lirieke én musiek) op haar kerfstok. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee, wenner van die SARIE/ATKV-vervolgverhaalwedstryd in 1984, wat sy bekendheid verwerf het…
12 Mar 2015 11AM 35 min

Marlene van der Westhuizen: Geheime van ’n Franse Kookklas

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Verbeel jou dis lente in Frankryk, in die dorpie Charroux in die Allier-département uit die Middeleeue... Met Marlene van der Westhuizen wat jou uitnooi om te kom deel in die binnewerke van een van haar kookklasse. Nanette van Rooyen gesels met…
12 Mar 2015 10AM 43 min

Chanette Paul: Ewebeeld

Chanette Paul gesels met Madri Victor oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ’n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring. (Aangebied deur Lapa)
12 Mar 2015 9AM 45 min

Albert Blake: Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Pieter Kapp gesels met Albert Blake oor die mees gewaagde ontsnappingspogings uit krygsgevangenekampe tydens die Anglo-Boereoorlog – soos bymekaargebring in die skrywer se nuutste boek. Leer meer oor die Boere se vindingryke planne om weg te kom uit Britse kampe in Groenpunt en…
12 Mar 2015 9AM 47 min

Helene de Kock: Debora en seuns

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Deborah Schlagerfeldt en haar seuns se intrek op ’n Oos-Vrystaatse dorpie is jare later steeds in geheimenis gehul. Hul buurvrou en haar dogter Margot se lewens word egter met dié van die Schlagerfeldts vervleg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog moet Margot besluit…
12 Mar 2015 8AM 48 min

Stephanus Muller: Nagmusiek

Aangebied deur Fourth Wall Books Nagmusiek is aan die een kant ’n biografie van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk. Aan die ander kant is dit die verhaal van die ondergrondse en bogrondse reise en seksuele ontwaking van Werner Ansbach, ’n fiktiewe biograaf en begeesterde amateurmolvanger. Dit is ’n besonderse…
12 Mar 2015 6AM 40 min

Herman Lategan: Binnekring van spookasems

Aangebied deur Jonathan Ball Herman Lategan word beskou as ’n meester van satire, met ’n oog vir alles wat foutief en uit sy plek, koddig en belaglik, mooi, snaaks en bisar is. Amanda Botha gesels met hom oor Binnekring van spookasems, ’n versameling van die beste uit Herman se weeklikse…
12 Mar 2015 5AM 40 min

Dawie Louw: eMajuba

Aangebied deur Naledi Nelia en Retief wil albei om persoonlike redes afreken met die invloedryke sakeman Boris de Beuck. Hulle delf in die voorgeskiedenis van die Boshoffs en De Beucks vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto we Sizwe in die 70s, tot en met die…
11 Mar 2015 6PM 41 min

Opposisiepolitiek: Kan die ANC ooit uit die kussings gelig word?

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die…
11 Mar 2015 6PM 2 hr 08 min

Profiel: Pieter Fourie, 75

Wyn geborg deur Freedom Hill As ervare akteur, regisseur en teateradministrateur, is die verhoog Pieter Fourie se natuurlike tuiste. Vir hom is teater ’n afspraak met die lewe. Hy weet uit ondervinding waarvan teatergangers hou en skryf teater uit die volk vir die volk, ongeag die sogenaamde literêre meriete daarvan…
11 Mar 2015 11AM 48 min

Antjie Krog: Mede-wete

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Antjie Krog lees voor uit Mede-wete, haar aangrypende nuwe digbundel, en gesels oor haar werk. Die digbundel – haar eerste in agt jaar – hanteer temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid. Dit laat blyk ook…
11 Mar 2015 10AM 35 min

Pat Stamatélos: My groot vet Griekse egskeiding

Aangebied deur Penguin Random House Daar is huismoles in ’n Griekse huishouding in Johannesburg oor ’n man en vrou wat nie tot skei kan kom nie, en dit word vertel soos net Pat Stamatélos kan! Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van die topverkoper, Kroes, oor haar nuwe roman –…
11 Mar 2015 10AM 48 min

Lizette Murray: In die ligkring van Sy teenwoordigheid

Aangebied deur CUM uitgewers Elize Parker gesels met Lizette Murray oor haar nuwe boek, In die ligkring van Sy teenwoordigheid. Dié gebedeboek bied inspirasie vir diep nadenke en ’n wegspringplek vir eie, intieme gesprekke met die Vader. As ’n vryskutrubriekskrywer vir Lééf – met hart & siel, behartig Lizette onder…
11 Mar 2015 8AM 40 min

Brothers in War & Peace

Aangebied deur Penguin Random House Abraham and Constand Viljoen took starkly different paths in life. One was a deeply religious man who opposed apartheid; the other was a man of war who became the head of the SADF. But together they would play a crucial role in preventing South Africa…
11 Mar 2015 6AM 40 min

Hugo en Poland: Vertaler en vertaalde

Marguerite Poland word tereg beskou as ’n grande dame van Suid-Afrika se Engelse letter- kunde. Nou klink haar stem vir die eerste keer ook op in Afrikaans. Die skrywer gesels met haar vertaler, Daniel Hugo, oor haar jongste roman, The Keeper, wat in Afrikaans as Die bewaker verskyn het.
11 Mar 2015 5AM 42 min
12 – 32