Joan Hambidge: Matriks
--:--
Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Matriks het al die elemente wat aanhangers van ʼn Hambidge-bundel verwag: Die verhouding met die ouers en familie, gesprekvoering met ander skrywers, liefdesverhoudings en hul eindes, reise na verre plekke en gedigte met beelde en bekende sterftes as vertrekpunt. En altyd ʼn flink digterlike reaksie op gebeure wat die tydvak ontwrig of ontstem, veral waar dit afskeid en aflegging behels. Ettienne Bloemhof gesels met die digter.