US Woordfees Skrywersfees 2015

Skrywersfees 2015

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa Arts
53 Episodes
52 – 53

Neerlandistiekdag Deel 1

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijckstigting, Vlaamse Kultuurstigting en Fonds Neerlandistiek. Aanbieder: Dorothea van Zyl Nederlands word lewendig vir studente én belangstellendes, met insiggewende onderhoude met die Vlaamse topdigter Paul Bogaert en die Nederlands-Irakse skrywer Rodaan Al Galidi, en die kunstenaar Jannie du Toit. Luister…
7 Mar 2015 2AM 53 min
52 – 53