US Woordfees Skrywersfees 2015

Skrywersfees 2015

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa Arts
53 Episodes
1 – 20

Afrikamasutra

Aangebied deur Unisa Press Gerard Scholtz praat met Ilse Carla Groenewald oor haar werk aan Afrikamasutra, die eerste Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra deur Vatsyayana. In dié besonderse boek word daar humoristies maar deernis vol gekyk na liefde, respek, spiritualiteit, seksualiteit, intimiteit en ander sosiale kwessies. Die boek is…
14 Mar 2015 9AM 51 min

Chris Chameleon: Dit was nie ek nie!

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Dit was nie ek nie! is sanger, akteur en TV-persoonlikheid Chris Chameleon se eerste prente- boek. “Tjakka tjakka tjakka,” lag die apies in die boom wanneer Gaffie Kameelperd, Ronnie Renoster en Annabella Volstruis verleë sê: “Dit was nie ek nie!” Met illustrasies deur…
14 Mar 2015 9AM 52 min

Digtersparadys

Aangebied deur NB-Uitgewers Die Woordfees se skrywersprogram sluit af op ’n hoogtepunt. Kom luister na voorlesings deur geliefde digters uit hulle nuwe bundels: Antjie Krog (Mede-wete), Daniel Hugo (Takelwerk), Joan Hambidge (Matriks) en Danie Marais (Solank verlange die sweep swaai). Moenie hierdie aanbieding misloop nie!
14 Mar 2015 9AM 47 min

Deon Lamprecht: Tannie Pompie se oorlog

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Deon Lamprecht skop sy debuut af in die kombuis van tannie Pompie, wat gedurende die Grensoorlog in Tsumeb ’n radioseiner vir die weermag was. Die aangrypende ware verhaal fokus op die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood en die impak wat…
14 Mar 2015 8AM 51 min

Bloody Lies: Die Inge Lotz-dossier heropen

Twee amateur-ondersoekers, Calvin en Thomas Mollett, heropen die Inge Lotz-moorddos- sier in Bloody Lies. Deon Knobel stel vrae aan Thomas oor hul evaluering van bewysstukke in dié opspraakwekkende moordsaak wat fassinerende en onthutsende inligting na vore ge- bring het. Het die staat en die regstelsel Inge gefaal?
14 Mar 2015 7AM 52 min

SJ Naudé: The Alphabet of Birds

Presented by Penguin Random House Lou-Marie Kruger speaks to SJ Naudé about the translation into English of his acclaimed short story collection Alfabet van die voëls. The Alphabet of Birds is filled with music, art, architecture, myth, the search for origins and shifting relationships between people. It will also be…
14 Mar 2015 6AM 43 min

Sondebok en Kopskoot, joernaliste aan die werk

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Irma Venter (Sondebok) en Rudie van Rensburg (Kopskoot) se boeke weerspieël hul joer- nalistieke agtergrond.Hulle het ’n neus vir ’n storie, gee aandag aan detail en laat die ver- hale dikwels buite Suid-Afrika se grense afspeel. Madri Victor gesels met hulle…
14 Mar 2015 5AM 44 min

O, die liefde!

Aangebied deur Lapa Marida Fitzpatrick hoor by die skrywers Kristel Loots (Die ander vrou), Bernette Bergentuin (Stilleto’s van staal) en Sophia Kapp (Driehoek) hoekom dit so lekker én moeilik is om lesers gelukkig te hou. Hulle gesels ook oor sterk vroue, moeilike liefdesdriehoeke en die donker kant van ’n liefdesverhaal…
14 Mar 2015 5AM 48 min

FJ Labuschagne: Beseringstyd

Aangebied deur Naledi Dié debuutroman speel af onderskeidelik op Stellenbosch en in Pretoria, tydens die Varsity Cup-rugbykompetisie en is ’n eerlike blik op die binnekringe van universiteitsrugby en die siel van ’n studenterugbyspeler. Vriendskap, uitdagings, rugby, God, verhoudings en die soeke na antwoorde word saamgesnoer in die spel op die…
14 Mar 2015 4AM 42 min

Edwin Cameron: Justice – A Personal Account

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers In Justice argumenteer Edwin Cameron dat ons land se Grondwet Suid-Afrikaners die beste kans bied vir ’n regverdige gemeenskap. Pierre de Vos gesels met Cameron oor sy persoon- like ervarings van andersheid en stigma en oor die krag en beperkinge van die reg.
14 Mar 2015 4AM 49 min

Profiel: Maretha Maartens, 70

Maretha Maartens het al meer as 90 boeke geskryf – romans, liefdesverhale, kinderboeke, jeugboeke, tienerboeke, godsdienstige boeke en geestelike dagboeke. Sy is al vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon, ontvang in 1989 die Andrew Murray-toekenning, en haar jeugroman, Die inkvoël, is internasionaal vereer as ’n White Raven Book…
13 Mar 2015 11AM 49 min

Deon Meyer: Ikarus

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand tevore so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs onder normale omstandighede sou die…
13 Mar 2015 10AM 46 min

Kerneels Breytenbach: Ester

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Kerneels Breytenbach gesels met Elmari Rautenbach oor Ester, sy meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Die roman is gebaseer op ’n werklike historiese insident en die gevolge daarvan: die ontmoeting in 1940 tussen DF Malan en ’n…
13 Mar 2015 9AM 43 min

Hennie Aucamp: Dalk gaan niks verlore nie

Met Amanda Botha, Amanda Strydom en Dave Pepler Tydens ’n onderhoud met sy tagtigste verjaarsdag, het Hennie Aucamp gesê: “As die taal my alles bied, hoekom na iets anders soek? Afrikaans het my koninklik behandel en hiervoor sê ek baie dankie.” In hierdie gesprek bring Amanda Botha, Amanda Strydom en…
13 Mar 2015 8AM 47 min

Danie Smuts: Boererate

Aangebied deur Penguin Random House: Penguin het Danie Smuts se gewilde Boererate pas heruitgegee. Daniel Hugo en Martie Retief-Meiring gesels oor die ontstaansgeskiedenis van tradisionele kure vir allerlei kwinte en kwale, asook die dikwels skreeusnaakse rituele wat daarmee gepaard gaan. ’n Boeiende gesprek oor ’n pragtige stukkie Afrikanererfenis.
13 Mar 2015 4AM 45 min

Die Oscar-sage

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die…
12 Mar 2015 6PM 50 min

Profiel: Esta Steyn, 70

Esta Steyn verwys na haarself as ’n storieskepper. Sy debuteer in 1979 met Plek van die boskolos en het romans, jeugromans, kinderboeke, draaiboeke en skoolliedere (lirieke én musiek) op haar kerfstok. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee, wenner van die SARIE/ATKV-vervolgverhaalwedstryd in 1984, wat sy bekendheid verwerf het…
12 Mar 2015 11AM 35 min

Marlene van der Westhuizen: Geheime van ’n Franse Kookklas

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Verbeel jou dis lente in Frankryk, in die dorpie Charroux in die Allier-département uit die Middeleeue... Met Marlene van der Westhuizen wat jou uitnooi om te kom deel in die binnewerke van een van haar kookklasse. Nanette van Rooyen gesels met…
12 Mar 2015 10AM 43 min

Chanette Paul: Ewebeeld

Chanette Paul gesels met Madri Victor oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ’n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring. (Aangebied deur Lapa)
12 Mar 2015 9AM 45 min
1 – 20