US Woordfees 2017: Skrywersfees

2017: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2017.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
78 Episodes
44 – 64

PIETER FOURIE: POST MORTEM

Aangebied deur Protea Boekhuis Drie hopies grond. Drie grafte: Vytjie, Basjan en Gulu. Elkeen moet vertel hoe hy of sy aan sy dood gekom het. Trien
is die sameroeper van dié byeenkoms
na die dood. Hoe is haar huiswerker,
haar man en die plaaswerker dood? Marthinus Basson vra Hertzogpryswenner en dramaturg Pieter Fourie…
8 Mar 2017 45 min

DIE LAE LANDE IN WOORD EN KLANK

Moontlik gemaak deur Protea Boekhuis, SASNEV, die Vlaamse Regering,
Kaapse Forum vir Neerlandistiek
en Nederlandse Taalunie Met: Stefan Hertmans, Peter Verhelst en Abdelkader Benali Van die grootste woordkunstenaars
uit die Lae Lae lees uit hulle werk voor, terwyl die digter en bedrewe vertaler Daniel Hugo hulle uitvra oor hulle lewe en werk in…
8 Mar 2017 47 min

INGRID WINTERBACH EN MIKE NICOL: VERKOPE VERSUS WÊRELDTOEGANG

Ingrid se veelbekroonde Vlakwater is in Engels vertaal as The Shallows; Mike se Agents of the State in Afrikaans as Staatsrotte. Mike het die onderskeiding dat sy boeke beter in Afrikaans verkoop as Engels. Deborah Steinmair gesels met hulle oor Afrikaanse koopkrag versus Engelse reikwydte.
8 Mar 2017 42 min

CHRIS MARNEWICK: IN DIE LAKSMAN SE SKOOT

Aangebied deur Protea Boekhuis Dis 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is ’n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal (nou Kgosi Mampuru II), waar hy as
laksman werk. Wanneer hy aangekla word van die moord op 7 lede van die Diepsloot-karatespan ná ’n voorval
van padwoede word bevind dit was
die dag nadat 32 gevangenes…
8 Mar 2017 49 min

RYK HATTINGH: HUILBOEK

Aangebied deur NB-Uitgewers Ryk se Huilboek speel af tussen sy lewe vandag in Nieu-Seeland en sy kinderjare aan die Oos-Rand van die 60’s. Die titel verwys na die boekie waarin hy as ’n misrabele seuntjie ’n kruisie moes maak telkens as hy wou huil; die roman word ’n volwasse man…
7 Mar 2017 56 min

WYNAND DREYER: MEGABOERE

Aangebied deur Penguin Random House KykNET se gewilde Megaboere het Suid- Afrikaners ’n kykie gegee in die lewens van die land se voorste boere. Die oekweergawe bevat fassinerende portrette van dié presteerders. Suzaan Steyn gesels met skrywer en medevervaardiger Wynand Dreyer oor die boere wat sy pad gekruis het toe…
7 Mar 2017 47 min

IVOR PRICE: IVOR

Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Storm soos Hlaudi Motsoeneng se SAUK-krisis skud dinge in jou los. In sy eieverhaal skryf Ivor krities hieroor – ook sy rol. Maar hy vertel vir Hanlie Retief hoe alles begin het – met ’n kleintydliefde vir die Afrikaanse taal, en van goed en swaar in…
7 Mar 2017 50 min

HESTER KRUGER: EEN NAG EN ’N BIETJIE

Aangebied deur NB-Uitgewers Daar was die dag vóór en die dag ná die aanval. Die kettingreaksie wat afgeskop word, sleur Margaretha mee van wanhoop na wonderwerk en ’n selfondersoek wat haar ver terugneem na haar kindertyd. ’n Ware verhaal deur die oë van ’n
vrou, waar insig teen ’n prys kom…
7 Mar 2017 50 min

JURIE VAN DEN HEEVER: WAT MOET ONS MET ONS KERK DOEN

Aangebied deur Naledi Die gereformeerde kerke in Suid-Afrika is aan die kwyn weens ’n verknogtheid aan Middeleeuse dogma. Deur bewese navorsingsbevindings in die teologie, argeologie en biologie te ignoreer word die Kerk toenemend irrelevant. Jurie praat met Chris Jones oor hoe dit die weg vir lidmate oopmaak om uiteindelik self…
7 Mar 2017 48 min

ANNALISE WIID: MET LIEFDE WAT SAAMGAAN EN ANDER STORIES

Aangebied deur NB-Uitgewers Hoeveel kan ’n mens liefhê? Dié versameling essays deur die gewilde rubriekskrywer wys sy kyk op ander maniere na alles rondom haar. Annalise vertel aan Danny Fourie wat haar bemoedig en inspireer, en sing oor die vele fasette van die liefde.
7 Mar 2017 55 min

ENA JANSEN: ONS JAPIE – DIE BOEREOORLOGDAGBOEK VAN ANNA BARRY

Aangebied deur Protea Boekhuis ’n Tienermeisie se dagboekinskrywings tydens die Anglo-Boereoorlog oor onder meer die dood van haar geliefde broer, Japie, op Ceylon en haar pa wat as ‘hendsopper’ Lesotho toe uitwyk, gee sonderlinge insig in die oorlog en kwessies soos taal, politiek en sosiale status. Ena, wat die voor-…
7 Mar 2017 56 min

RIA SMUTS EN NICOLE STRAUSS: DIE KUNS VAN KORTVERHAALSKRYF

Aangebied deur NB-Uitgewers Ria het ná die dood van Johan (JP) die verhale wat hulle saam geskryf het, voltooi. In Die helder oomblik, die egpaar se tweede bundel, val die fokus op verraad. Saam met Ria gesels die bekroonde Nicole Strauss oor As in die mond, wat sentreer om verskillende…
7 Mar 2017 52 min

MICHAEL LE CORDEUR EN WANNIE CARSTENS: DIT KOM VAN VÊR AF

Aangebied deur Naledi Die projek het afgeskop as ’n gedenkboek aan Adam Small, oor die bydrae van spesifiek bruin sprekers van Afrikaans tot die ontwikkeling van die land en taal. Danksy die enorm positiewe reaksie
het dit uiteindelik ’n pragboek geword, waarin dikwels lank versweë stories
van meer as 40 skrywers, akademici…
7 Mar 2017 55 min

JOHN MILES: OP ’N DAG ’N HOND

Aangebied deur NB-Uitgewers Van die skrywer van Kroniek uit ’n doofpot, Die buiteveld en Voetstoots verskyn ná 8
jaar ’n nuwe roman, gekenmerk deur ’n moedswillige humor en merkwaardige insig in die mens se lot. Hierin neem ’n oud- onderwyser bestek op sy lewe ná ’n insident met ’n hond. Thys…
7 Mar 2017 51 min

ANNELIE BOTES: LUGKASTEEL

Aangebied deur Penguin Random House In Sabbatsreis vertel Annelie hoe sy
in Engeland vir Granny gaan oppas het. Sedertdien is sy wéér Engeland toe – dié keer as die goewernante
van vier onhebbelike bloubloed- seuntjies. En bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis in Wallis – as kasteelbediende. Verlustig jou in…
7 Mar 2017 52 min

HEINRICH MATTHEE: KULTUURVRYHEID SELFBESTUUR

Aangebied deur Kraal Uitgewers Hoe verseker ’n mens kulturele vryheid
vir minderhede in ’n politieke orde? In ’n nuwe boek ondersoek 10 kundiges uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Nederland, België, Duitsland en Amerika hoe gemeenskappe en regerings wêreldwyd vorme van gebiedsongebonde selfstandigheid beproef of nastreef. Redakteur Heinrich Matthee bespreek hulle gevolgtrekkings met Deon…
7 Mar 2017 58 min

JAN SMUTS – THE MAN AND HIS BIOGRAPHER

Presented by Jonathan Ball Publishers Publisher Jonathan Ball talks to Richard Steyn (Jan Smuts: Not Afraid of Greatness) about his ground-breaking biography of a brilliant yet flawed world leader, which has now been published in Afrikaans as Jan Smuts: Afrikaner sonder grense.
7 Mar 2017 33 min

OM TE TOOR MET TAAL VAN GANSBAAI TOT ELSIERIVIER

Aangebied deur Modjadji Books: Bibi Sllippers gesels me twee mede- debutante oor hoe hulle taalgrense buig: Jolyn Phillips, met wortels op die vissersdorpie van Gansbaai en `n meestergraad in kreatiewe skryfwerk, oor haar `merkwaardige' kortverhale in Tjieng-Tjang Tjerries; en Shirmoney Rhode, die Afrikaans juffrou, wat in Kaapse Afrikaans dig oor…
6 Mar 2017 1 hr 01 min
44 – 64