US Woordfees 2017: Skrywersfees

2017: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2017.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
78 Episodes
1 – 20

DIGTERSPARADYS

Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Jaarlikse hoogtepunt waar bekende en debuutdigters hulle werk deel: Antjie Krog, Nathan Trantraal, Joan Hambidge, Bibi Slippers en Juanita Louw lees voor.
11 Mar 2017 1 hr 18 min

NATHAN TRANTRAAL: ALLES HET NIET KOM WÔD

Aangebied deur NB-Uitgewers Soos in sy bekroonde Chokers en suvivors werk dié opspraakwekkende digter weer met kwessies soos Afrikaans as taal, klas, ras en die politiek, maar nou ondersoek hy ook seksualiteit as tema, en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het. Danie Marais vra hom uit.
11 Mar 2017 1 hr 02 min

DEON MAAS: MELK DIE HEILIGE KOEIE

Aangebied deur NB-Uitgewers Hy ontsien niks of niemand nie, nie Afrikaans op kampusse, baarde, banting, die Guptas of mans se ‘menere’ nie. Uitdagend, uittartend, of snaaks – een ding is seker: Deon Maas is so gebek en so laat staan. Erns Grundling probeer hom vasvat.
11 Mar 2017 1 hr 04 min

E KOTZE: SOETLOOP

Aangebied deur NB-Uitgewers Sussie Kotze keer na haar geliefde Weskus terug, maar dié slag is dit die Weskus
van die vroeë 20e eeu. Sy vertel vir
RSG se Martelize Brink van Klein Kattie, die kinderoppasser wat by vername mense ’n fyner lewe leer ken totdat sy ’n onbesonne huwelik aangaan.
11 Mar 2017 45 min

ANDY MARTIN:
REACHER SAID NOTHING

His 320-word email request was eloquent and amusing; Lee Child’s reponse 12 words long. The result was permission
to shadow Child for a year and write about his creative process. Listen to what local Jack Reacher fans Karin Brynard, Irma Venter en Dibi Breytenbach have to say to the British author…
11 Mar 2017 59 min

KOBUS ANTHONISSEN: JEUGDIG IN DIE OUDERDOM

Aangebied deur Naledi Daar is vier maniere om ouderdom te benader: as jou uiterlike, die syfer op jou geboortesertifikaat, die negatiewe gevoelens van die samelewing, of jou innerlike gesindheid. Kobus vertel vir Tobie Wiese meer omtrent sy nuwe boek, Dansend met die lewe, en hoe om nuut te dink oor…
11 Mar 2017 57 min

DAN SLEIGH: 1795

Aangebied deur NB-Uitgewers In die winter van 1795 is die Kaap nog Hollands, maar die Engelse lê reeds geanker by Simonstad. Thys Human gesels met Dan oor sy bekroonde 1795, waarin hy die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag beskryf met ’n onfeilbare aanvoeling vir wat die totstandkoming en verval…
11 Mar 2017 51 min

‘VIR INSPIRASIE LEES EK ’N DOCKET’

Advokaat, prokureur, aanklaer. Drie regsgeleerdes vertel hoe dit voel
om jou werk huis toe te neem ... en misdaadfiksie daarvan te maak. Die bekroonde Andrew Brown (Good Cop, Bad Cop), Duane Aslett (Goudduiwel) en Dibi Breytenbach (Vrediger) gesels met prokureur en skrywer Bettina Wyngaard.
11 Mar 2017 1 hour

BUN BOOYENS EN ALDI SCHOEMAN: DIE BURGER 100 – SY MENSE EN HUL STORIES

Aangebied deur Jonathan Ball Publishers In dié huldeblyk aan ’n koerant wat
met net 26 letters, 10 syfers, kolletjies
en strepe 30 000 uitgawes binne ’n eeu kon druk, word van die merkwaardige stories opgediep – van die Groot Griep en leë kantore, die nag in ’48 toe die teleksmasjien flits: ‘Smuts…
10 Mar 2017 1 hr 01 min

NAOMI MEYER: WEB

Aangebied deur NB-Uitgewers Die LitNet-joernalis gesels met Francois Smith oor haar fiksiedebuut, ’n naelskou- riller wat afspeel teen ’n brandende Stellenbosch, met opstandige studente en ’n jong ma wat droom van wegloop. Wanneer haar dogtertjie wegraak, verander dié prentjie egter drasties.
10 Mar 2017 51 min

KOBUS GELDENHUYS: BOUDEBILJOENÊR, ROTBURGER EN MNR. STINK

Aangebied deur Protea Boekhuis Hy het al van JK Rowling tot Roald
Dahl vertaal, maar onlangs was dit
die pittige stories van die man wat beskou word as die grootste Britse kinderboekskrywer van die afgelope dekade, die skerpskertser David Walliams. Hoor watter geheime verklap Kobus aan jeugboekskrywer Nanette van Rooyen oor internasionale…
10 Mar 2017 58 min

PETER VELDSMAN: WAT DIE HART VAN VOL IS

Aangebied deur Penguin Random House Die kos- en onthoustories van dié restaurateur en Sarie se voormalige kosredakteur is so ryk soos die botter en jerseyroom waarop hy op sy deftige Oupa en Ouma Cilliers se plaas in die Hokoe-vallei van die Klein-Karoo grootgeword het. Maar hy vertel
ook vir Kerneels Breytenbach…
10 Mar 2017 52 min

HERMANN GILIOMEE: HISTORIKUS,
’N OUTOBIOGRAFIE

Aangebied deur NB-Uitgewers Hy word as ’n wêreldklas-geskiedkundige gereken. Sy magnum opus, Die Afrikaners, het nie net die Jan H Marais-prys verower nie, maar is in die proses om verfilm en op kykNET uitgesaai te word. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann.
10 Mar 2017 54 min

SJ NAUDÉ: LEË WIT RUIMTES EN DIE POLITIEK VAN NOSTALGIE

Hoe is dit moontlik om vandag in Afrikaans te skryf? En veral as ’n mens vir en oor die wyer wêreld sou skryf? En is daar enigiemand wat nog oor
50 jaar Afrikaanse fiksie sal lees? Dit is van die vrae wat SJ (Fanie) Naudé, die 2013 Jan Rabie en Marjorie…
10 Mar 2017 48 min

KARINA SZCZUREK:
THE LIFE AND TIMES OF THE FINAL MRS BRINK

Ingrid Winterbach talks to Karina about her life with one of our most celebrated and controversial novelists, André P Brink, and her forthcoming memoir, The Fifth Mrs Brink/Die vyfde mev. Brink. She was 29 when they were married, he 71. They shared 10 years of married life, never being apart,…
10 Mar 2017 1 hour

DEON MEYER EN KARIN BRYNARD:
VAN FEITE TOT PAPIER

Hoe lyk ’n wêreld waarin honde vir hulleself moet sorg? Wat gaan word as ons eerste mense verdwyn? Ernstige vrae, maar seepglad in misdaadfiksie ingeweef. Antropoloog en ekoloog Dave Pepler gesels saam oor feite wat (misdaad)storie word; Rudie van Rensburg stel die vrae.
10 Mar 2017 56 min

DIE UITGEWERSWESE – WAT’S NUUS, WAT’S WARM, WAT KOM?

Van Pokémon Go tot Brexit, oudioboeke tot ’n al hoe sterker papierboek,
Ferrante tot Knausgaard – wat is die jongste neigings in die internasionale boekwêreld? Jonathan Ball se Jeremy Boraine, Marga Stoffer van NB, en Penguin Random House se Melt Myburgh gesels met die hoof van die US Woordfees se Skrywersprogram…
10 Mar 2017 57 min
1 – 20