Die Wes-Kaapse regering sê die Provinsiale Rampbestuursentrum en alle gesamentlike bedryfsentrums is 24-uur per dag oop, met die hewige weerstoestande wat wydverspreide skade aanrig. Die bevestigde dodetal weens die storms het tot ses gestyg. Die Noord-Bolandse dorp Worcester is heeltemal afgesny van die buitewêreld weens hewige oorstromings op alle toegangspaaie,…
Die e-taxidiens Yango Namibia het 'n 5 persent-verhoging op sy tariewe geïmplementeer. Yango Namibia se bestuurder, Alex Mungai, het vandag tydens 'n perskonferensie gesê dat hierdie verhoging saamval met die brandstofprysverhoging wat op 31 Maart geïmplementeer is. Die stap is ook daarop gemik om bestuurders aan te moedig om te…
Rugby: Wallis se afrigter, Steve Tandy, het ses nuwe spelers ingesluit in sy uitgebreide groep van 48 vir hul komende vier toetse. Hulle is Kane James, Harri Keddie, Ryan Woodman, Ben Warren, Rhys Barratt en Bryn Bradley. Wallis draf die 27ste Junie op Twickenham uit teen die Barbarians. Die groep…
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrika werk nou saam met die Wêreldgesondheids-organisasie om hantavirus-kontakte op te spoor. Die uitbreking op die passasierskip, MV Hondius, het drie lewens geëis. Twee plaaslike gevalle was 'n Nederlandse vrou wat gesterf het nadat sy op die OR Tambo-internasionale Lughawe geland het, en…
ANEW Hotels and Resorts sê die herstel van Suid-Afrika se toerisme gaan oor meer as slegs besoekersgetalle. Die groep het gedurende die Afrika-toerisme-indaba in Durban, KwaZulu-Natal, gesê die sektor het herstel tot meer as 95-persent van die vlakke vóór die pandemie, maar meen die fokus moet nou op wyer ekonomiese…
Kenia se minister van Buitelandse Sake, Musalia Mudavadi, sê die Afrika-Frankryk-beraad wat tans in Nairobi aan die gang is, spreek belangrike kontinentale kwessies aan terwyl dit groei bevorder. Die beraad bring die Franse president Emmanuel Macron en meer as 30 Afrika-leiers byeen om samewerking en belegging te versterk. Meer as…
Die koue is hier en meer intense koue word tydens die winter verwag. Onthou, as jy koud kry, kry jou troeteldiere ook koud. Kosmos 94.1 Nuus het met Silke van der Merwe, direkteur van die Dierebeskermingsvereniging gepraat, wat raad het vir diere-eienaars om hul diere warm te hou.
Vervoerders het hulle hande in hul hare met vertragings by grensposte. Die Namibiese Revolusionêre Vervoerunie, Naretu, het die vier-kilometer lange vertragings by Namibiese grense ten sterkste veroordeel. Dit is veroorsaak deur die opdatering van NamRA se ASYCUDA World-doeanestelsel. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus, het Naretu se hoof-in-bevel, Petersen Kambinda,…
Die strewe om vrugte-invoere te verminder het 'n hupstoot gekry na suksesvolle piesang-oesproewe by Etunda in die Omusati-streek. Die Namibiese Akkerbouraad sê ses proefterreine is landwyd opgestel om piesangvariëteite te identifiseer wat geskik is vir plaaslike klimaatstoestande. By Etunda word verwag dat 1 104 piesangplante op 0,6 hektaar tussen 30…
Die jaarlikse inflasiekoers vir April 2026 het op 3,1 persent gestaan, vergeleke met 3,6 persent wat in April 2025 aangeteken is maar baie hoër as Maart 2026 se 2,1 persent, volgens die Namibiese Statistiekagentskap. Woordvoerder van die Namibiese Statistiekagentskap, Mirjam Shihepo, het meer oor sonale inflasie:
Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê sy reaksie op Amerika se jongste voorstel om die oorlog te beëindig, bevat geen buitensporige eise nie. President Donald Trump van Amerika het Iran se teenvoorstel verwerp en noem dit totaal onaanvaarbaar. Die ministerie se woordvoerder, Esmail Baghaei, sê dis Amerika wat volhou…
Die DA sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die Artikel 89-verslag oor die Phala Phala-saak op hersiening te neem, moenie gebruik word om die Parlement se werk te vertraag nie. Die Konstitusionele Hof het bevind die Parlement het in Desember 2022 irrasioneel opgetree toe hy gekeer het dat die…
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, hou vandag ʼn dringende kabinetsvergadering terwyl lede van sy regering vra dat hy ʼn tydlyn vir sy bedanking voorlê. Die Arbeidersparty het in verlede week se plaaslike verkiesing byna 1 000 raad-setels reg oor Engeland verloor, terwyl Reform UK groot vordering gemaak…
Kaapstad se Ramprisiko-bestuursentrum sê die kouefront wat die land gister getref het, het aansienlike gevolge gehad. Hewige storms het oorstromings, kragonderbrekings en skade veroorsaak en in Kenilworth is een sterfte aangemeld. Die storm duur voort en alle staat- en spesiale skole in die Wes-Kaap is vandag gesluit. Rampbestuur se woordvoerder,…
President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Amerika en Iran is op ʼn naaldpunt. Dit volg nadat hy Teheran se jongste teenvoorstel om vyandelikhede te beëindig, as eenvoudig onaanvaarbaar beskryf het. Amerika se memorandum van een bladsy met 14 punte sluit voorstelle in soos die beëindiging van Iran…
'n Groot globale waterorganisasie maak Namibië sy nuwe tuiste. Die Global Water Partnership sê dat hy later vandeesmaand amptelik met bedrywighede sal begin vanuit hul nuwe hoofkwartier in Windhoek, wat Namibië in die middelpunt van globale waterbelegging en klimaatsveerkragtigheidspogings sal plaas. Die uitvoerende hoof, Alex Simalabwi, sê die skuif erken…
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê Parlement sal die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak rakende president Cyril Ramaphosa implementeer. Die Hof het bevind die Parlement se 2022-besluit om die onafhanklike paneelverslag te blokkeer was ongrondwetlik en opdrag gegee dat die verslag na 'n ampsklagkomitee…
'n Verslag deur die Lesotho ombud, Tlotliso Polaki, met die titel A House Still in Ruins, waarsku teen verslegtende toestande in gevangenisse en geestesgesondheidsinstellings. Die verslag dui daarop dat slegs 9 persent van die aanbevelings wat sedert 2023 gemaak is, geïmplementeer is. Die tronkbevolking het gestyg tot meer as 2…
President Cyril Ramaphosa sê hy sal die verslag van die Artikel 89- onafhanklike paneel op hersiening neem. Die Konstitusionele Hof die Parlement se besluit om nie die verslag oor die Phala Phala-skandaal aan te neem nie, Vrydag ongeldig verklaar. Die paneel het bevind dat Ramaphosa moontlik sy ampseed oortree het…
Vandag is Nujoma-dag en Nasionale Boomplantingsdag ter ere van stigterspresident Sam Nujoma, wat op hierdie dag in 1929 in Etunda in die Omusati-streek gebore is. Nujoma, wat verlede jaar oorlede is, sou vandag 96 geword het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swapo Party Jeugliga, Moses Shikerete,…
12 May 1AM
1 min
76 – 96
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.