Dis Nujoma-dag en Nasionale Boomplantingsdag

Loading player...
Vandag is Nujoma-dag en Nasionale Boomplantingsdag ter ere van stigterspresident Sam Nujoma, wat op hierdie dag in 1929 in Etunda in die Omusati-streek gebore is. Nujoma, wat verlede jaar oorlede is, sou vandag 96 geword het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swapo Party Jeugliga, Moses Shikerete, gepraat wat sê Namibië moet Nujoma se visie van eenheid, selfstandigheid en nasiebou uitdra om sy nalatenskap te eerbiedig.
12 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê Eskom moet rekenskap gee oor kontrakte van N$ 41,4-miljard

Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder…
19 Oct 6AM 1 min

NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word

Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal…
19 Oct 5AM 1 min

Onderwysministerie verdedig data-opsporingstelsel se doeltreffendheid

Die leierskap van die onderwys-ministerie het die sektor se data-opsporing en daaglikse ingrypings verdedig... en minister Sanet Steenkamp het beklemtoon dat die ministerie statistieke noukeurig dophou deur 'n onderwysbestuurs-inligtingstelsel. Sy het opgemerk dat kinders wat uit die skool-stelsel verdwyn, ook breër gemeenskaps- en sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Sy…
19 Oct 5AM 1 min

Kamwi prys Pohamba se nalatenskap in moedersorg

Die voormalige minister van gesondheid, Richard Kamwi, het voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, as Namibië se "Florence Nightingale" beskryf en haar vrywillige leierskap in die transformasie van moeder-gesondheidsorg geprys. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kamwi klem gelê op haar onbetaalde werk – wat gewissel het van fondsinsameling by…
19 Oct 5AM 1 min

Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster

Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Oct 5AM 1 min