
NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word
Loading player...
Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal nou met die regering saamwerk om vertroue in Namibië as uitvoermark te herstel.

