
Piesangs vir almal! Amper...
Loading player...
Die strewe om vrugte-invoere te verminder het 'n hupstoot gekry na suksesvolle piesang-oesproewe by Etunda in die Omusati-streek. Die Namibiese Akkerbouraad sê ses proefterreine is landwyd opgestel om piesangvariëteite te identifiseer wat geskik is vir plaaslike klimaatstoestande. By Etunda word verwag dat 1 104 piesangplante op 0,6 hektaar tussen 30 en 40 ton sal produseer. Emillie Abraham, die bestuurder vir tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

