
SA monitor 90 hantavirus-kontakte
Loading player...
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrika werk nou saam met die Wêreldgesondheids-organisasie om hantavirus-kontakte op te spoor. Die uitbreking op die passasierskip, MV Hondius, het drie lewens geëis. Twee plaaslike gevalle was 'n Nederlandse vrou wat gesterf het nadat sy op die OR Tambo-internasionale Lughawe geland het, en 'n Brit in 'n Johannesburgse hospitaal. Motsoaledi het aan die SABC gesê 97 kontakte is geïdentifiseer en 90 word gemonitor:

