SA monitor 90 hantavirus-kontakte

Loading player...
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrika werk nou saam met die Wêreldgesondheids-organisasie om hantavirus-kontakte op te spoor. Die uitbreking op die passasierskip, MV Hondius, het drie lewens geëis. Twee plaaslike gevalle was 'n Nederlandse vrou wat gesterf het nadat sy op die OR Tambo-internasionale Lughawe geland het, en 'n Brit in 'n Johannesburgse hospitaal. Motsoaledi het aan die SABC gesê 97 kontakte is geïdentifiseer en 90 word gemonitor:
12 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster

Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Oct 5AM 1 min

BoN maan teen vervalste banknote.

Kassiere en besigheids-eienaars word versoek om waaksaam te bly nadat twee Rehoboth-leerders betrap is met vervalste Suid-Afrikaanse banknote. Voor die feestyd raai Sencia Kaizemi-Rukata, direkteur van die Bank van Namibië se valutabestuur, winkeleienaars aan om die sekuriteitskenmerke van banknote noukeurig te inspekteer en vals geld onmiddellik by die polisie aan…
19 Oct 5AM 1 min

Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26

Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste…
19 Oct 4AM 1 min

Tradisionele leiers moet hul gemeenskappe se kultuur bewaar - Sankwasa

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê tradisionele leiers moet daarop fokus om te alle tye hul gemeenskappe se leefwyse en kultuur te bewaar. Sankwasa woon tans die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo by. Hy het met Nampa gepraat en gesê…
19 Oct 4AM 1 min