Africa Forward-beraak sal groei bevorder

Loading player...
Kenia se minister van Buitelandse Sake, Musalia Mudavadi, sê die Afrika-Frankryk-beraad wat tans in Nairobi aan die gang is, spreek belangrike kontinentale kwessies aan terwyl dit groei bevorder. Die beraad bring die Franse president Emmanuel Macron en meer as 30 Afrika-leiers byeen om samewerking en belegging te versterk. Meer as 1 500 afgevaardigdes woon die tweedaagse beraad by. Mudavadi het aan SABC News gesê die byeenkoms het ten doel om gelyke vennootskappe te bou en vernuwing te bevorder:
12 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Emma gesels oor KI-wetsontwerp in China

'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.
7 Jul 6AM 1 min

Onwettige wapens, kapings in die soeklig in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê…
7 Jul 6AM 1 min

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om…
7 Jul 6AM 1 min

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds

Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer…
7 Jul 6AM 1 min