Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
96 – 116

Namibië en Rusland beplan groter ekonomiese samewerking

Namibië en Rusland hersien betrekkinge en bespreek verdere ekonomiese samewerking tussen die twee lande. Die minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, is in Moskou op uitnodiging van die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov. Sy het gesê haar driedaagse besoek fokus op stappe om politieke dialoog te…
14 Jan 9AM 1 min

NamPost sat van toelaag-begunstigdes wat nie by datums hou nie

Lang lyne is by verskeie poskantore aangeteken gedurende die Januarie-uitbetalingstydperk vir maatskaplike toelaes. Meer as 37 000 begunstigdes het hul toelaes op die eerste dag alleen afgehaal, wat die verwagte 28 000 ver oorskry het. NamPost sê dit is veroorsaak deur begunstigdes wat hul betalings buite die geskeduleerde datums kom…
14 Jan 9AM 1 min

Agoa-hernuwing sal nie veel verskil aan Namibië maak nie

Reaksie word ontvang na die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers toestemming verleen het dat Agoa, met drie jaar, tot Desember 2028, verleng word. Die ooreenkoms wat voorsiening maak dat die vasteland goedere belastingvry na Amerika uitvoer, het einde September verstryk. Dit sluit in terugbetaling van belasting sedert September verlede jaar. Namibië…
14 Jan 9AM 1 min

Namcor borgtog-appèl uitgestel na Februarie

Regters Eileen Rakow en Philanda Christiaan het die appèl van Namcor beskuldigdes, Peter en Malakia Elindi, Leo Nandago, Immanuel Mulunga, Olivia Dunaiski en Jennifer Hamukwaya tot 12 Februarie uitgestel. Die groep appelleer teen die weiering van borg op 26 September in die Windhoek-laerhof. Die inligting is volgens die hof te…
14 Jan 8AM 1 min

Moenie minimumloon verhoog, werkverliese kan volg: TLU SA

Die landbouliggaam TLU SA sê verdere verhogings in Suid-Afrika se minimumloon kan werkverliese en armoede vererger, en meganisering vertraag, veral in die landbou- en kleinsake-sektor. Woordvoerder Bennie van Zyl sê stygende arbeidskoste te midde van swak ekonomiese groei, hoë werkloosheid en stygende insetkoste bedreig volhoubare indiensneming. Hy vra loonbepalings wat…
14 Jan 8AM 1 min

SA polisie waarsku oor skoolfoto's op sosiale media

Terwyl die 2026 akademiese skooljaar vandag begin, waarsku die Ekurhuleni-metropolisie ouers en voogde om nie foto’s waarop skoolwapens, skoolklere of -terreine sigbaar is op sosiale media te plaas nie. Die polisiewoordvoerder, Thabiso Makgato, sê hierdie besonderhede kan ernstige gevaar skep en kinders aan aanlyn oortreders blootstel. Sy sê kinderhandel bly…
14 Jan 8AM 1 min

Ons wil nie Amerikaans wees nie, sê Groenlanders

Die Amerikaanse visepresident JD Vance gaan vandag met die Groenlandse en Deense ministers van buitelandse sake in die Withuis vergader oor die toekomstige status van Groenland. President Donald Trump wil die eiland vir Amerikaanse sekuriteit hê, terwyl Denemarke daarop aandring dat Groenland sy soewereine grondgebied is. Die BBC het by…
14 Jan 7AM 1 min

DA wil weet oor leefstyloudits

Die DA sê die minister van Staatsdiens en Administrasie, Mzamo Buthelezi, moet aan die Parlement rekenskap gee oor voortgesette leefstyloudits vir staatsamptenare omdat daar tot dusver nie een verwysing vir vervolging ingedien is nie. Byna 9 000 senior staatsamptenare het leefstyloudits ondergaan, met 117 teen wie interne ondersoeke gedoen word…
14 Jan 5AM 1 min

Venezolaanse ambassadeur in Windhoek praat oor Maduro

Die Venezolaanse ambassadeur Magaly Henriquez het veroordeel wat sy beskryf het as 'n militêre aanval deur imperiale magte teen Venezuela. In 'n onderhoud met die media by die ambassade in Windhoek het sy gesê die land het jare van buitelandse druk en inmenging verduur, wat volgens haar internasionale reg en…
14 Jan 5AM 1 min

Gbs-gebied waar moorde plaasgevind het, 'n hool van misdaad

Dit gons oor die moordsaak op Gobabis wat 'n 13-jarige beskuldigde behels, met lede van die publiek wat sê die dorp is onveilig weens jeugdiges wat mense aanval, wapens dra, en dikwels onder die invloed van alkohol en dwelms is. Volgens hulle tree die polisie nie op nie en hulle…
14 Jan 5AM 1 min

Goud verbreek (steeds) sy rekord, silwer agterna

Goud het weer nuwe hoogtes ingevaar vandag en net bo 4 637 Amerikaanse dollar ‘n fynons verhandel en is tans rondom 4 633. Die kommoditeit het in die afgelope week met net meer as 3 persent gegroei. Ekonoom Dawie Klopper sê onsekerheid sal ‘n goeie jaar vir goud beteken.
14 Jan 5AM 1 min

LPO-ondersoek na skaapwaardeketting vorder

Die Lewendehawe Produsente Organisasie vorder goed met 'n tweefase-studie, wat in 2025 saam met Cirrus van stapel gestuur is. Die studie is daarop gemik om Namibië se lamsvleisuitvoere buite Suid-Afrika uit te brei. Terwyl vroeë bevindinge bevestig dat Suid-Afrika die hoofmark bly, ondersoek die LPO nuwe internasionale geleenthede om uitvoere…
14 Jan 5AM 1 min

Brande en oorstromings dompel SA in chaos

Terwyl dele van die Kruger Nasionale Wildtuin oorstroom is sê die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit aktiewe brandbestryding in Wemmershoek by Franschhoek duur reeds agt dae. Woordvoerder Anesca Roodt sê koeler weer het bestrydingspogings oornag gehelp, maar die brand het op talle plekke weer opgevlam. Sy sê brandlyne is steeds aktief in…
14 Jan 4AM 1 min

Top-spelers bly by LIV

Die Amerikaner Bryson DeChambeau, Jon Rahm van Spanje en die Australiër, Cam Smith, gaan vanjaar by LIV Gholf aanbly. Dit volg ná Brooks Koepka se aankondiging dat hy die Saoedi-ondersteunde kompetisie na vier seisoene verlaat en na die PGA-toer terugkeer. Smith, wat die Ope in 2022 gewen het, sê hy…
14 Jan 4AM 1 min

Trump waarsku Iran oor teregstellings

President Donald Trump het betogers in Iran aangemoedig om aan te hou betoog en belowe dat hulp op pad is. Volgens die Amerikaans-gebaseerde Human Rights Activists News Agency is 2 403 betogers in Iran dood sedert betogings teen die regering in Desember begin het. Dit sluit 12 betogers jonger as…
14 Jan 3AM 1 min

Akkerbouraad se boeke is gesond

Die Namibiese Akkerbouraad het 'n surplus van 152,3 miljoen Namibiese dollar vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2025 aangeteken, teenoor 107,6 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Die raad sê die prestasie is gedryf deur hoër heffingsinkomste, sterk beleggingsopbrengste en voortgesette kostebeheer regdeur die organisasie. Totale inkomste vir die jaar…
14 Jan 3AM 1 min

EU oorweeg verdere sanksies teen Iran

Namate die skaal van die geweld teen betogers in Iran aan die lig kom, is die internasionale gemeenskap besig om protes aan te teken en stappe te doen. Brittanje se minister van buitelandse sake, Yvette Cooper, het Dinsdag gesê die regering het die Iranse verteenwoordiger in die land ontbied om…
14 Jan 1AM 1 min

Klimaataksie en ekonomiese groei werk saam - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê 'n land se klimaataksie-doelwitte en ekonomiese ambisies kan saamwerk vir groter voorspoed. Hy was aan die woord tydens die Abu Dhabi Volhoubaarheidsweek wat onder die tema "Nexus of Next: All Systems Go" gehou is. Ramaphosa sê lande wat klimaataksie-strategieë aangepak het, het gevind dat daardie ingryping…
14 Jan 1AM 1 min

Groot planne vir aanleg op Grootfontein

Grootfontein se nuwe dorpsraad beplan om 'n vervaardigingsaanleg vir baksteen en plaveisel op te rig. Die projek, wat volgende week tydens die raad se eerste vergadering ter tafel gelê sal word, sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede skep. Die voorsitter van die raad, Bennet Namaseb, het aan Kosmos…
14 Jan 1AM 1 min

Ekstra besteding vir gesondheid verwelkom, maar nog is nodig

Cosatu verwelkom die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die Spesiale Begrotingswetsontwerp, wat 'n bykomende 754 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Departement van Gesondheid verskaf. Dit volg na 'n tekort wat veroorsaak is deur die inperking van Amerikaanse befondsing. Die vakverbond doen 'n beroep op die regering om voldoende hulpbronne in…
14 Jan 1AM 1 min
96 – 116