Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry oor China se nul-tariefbehandeling wat op 1 Mei, uitgebrei is na 53 Afrika-lande. China meen die ooreenkoms gaan Namibië en Afrika baie baat. Dr. Kobus Laubscher, landbou ekonoom in Suid-Afrika verduidelik wat dit vir plaaslike boere kan beteken.
Kuberaanvalle neem toe, en die werklike probleem is nie waar data gestoor word nie, maar hoe goed dit beskerm word. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch, bemagtigingspesialis by Salt Essentials gepraat, wat sê tegnologie kan net soveel doen as die "menslike firewall" nie versterk word nie. Sy sê baie…
China se nul-tariewe het op 1 Mei in al 53 Afrika-lande waarmee dit diplomatieke bande het in werking getree, wat dit die eerste groot ekonomie maak om dit te doen. Daar word verwag dat Namibië 'n toename in uitvoere, buitelandse beleggings en werkgeleenthede sal sien. Tydens 'n perskonferensie in die…
Franse president Emmanuel Macron wat in Kenia is vir die Africa Forward-beraad, het 'n spreker op die verhoog in Nairobi onderbreek om die rumoerige gehoor te vra om stil te bly. Die beraad het meer as 30 Afrika-leiers, sakebestuurders en jong entrepreneurs bymekaar gebring terwyl Frankryk poog om ekonomiese en…
Die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede-uitwissing is tans in die Omusati-streek as deel van die parlement se verantwoordelikheid om regeringsprogramme te monitor en hul impak op die verbetering van burgers se welstand te bepaal. Komiteevoorsitter Uahekua Herunga sê die besoek is daarop gemik om streekleiers te betrek en eerstehandse inligting…
Een persoon is in Kenilworth in Kaapstad dood nadat 'n boom tydens gure weer in die Wes-Kaap op 'n motor geval het. Nog 'n motoris in Parow is in 'n soortgelyke voorval beseer. Stortreën en stormsterk wind teister steeds die provinsie en veroorsaak wydverspreide oorstromings, grondstortings, kragonderbrekings en padsluitings. Ramprisikobestuur…
Die Namibiese Toerismeraad het bewerings van die hand gewys dat hy beplan om verblyfpryse by hotelle, lodges en ander fasiliteite te reguleer na aanleiding van klagtes oor buitensporige tariewe en 'n gebrek aan regulering in die toerismesektor. NTB-woordvoerder Flora Quest het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê Namibië funksioneer…
Die Nasionale Raad doen 'n beroep op die inligtingministerie om die bedrywighede van Telecom Namibia ernstig te ondersoek om verbeterde dienslewering te verseker. Nasionale Raadslid John Moonde het kommer uitgespreek oor die voortgesette diensonderbrekings wat die staatsbeheerde maatskappy in sy internetdienste ervaar.
Die Katima Mulilo-grenspos ervaar tans erge verkeersopeenhoping, met swaar vragmotors wat vir ongeveer 4 kilometer voor die pos staan en wag. Vragmotorbestuurders rapporteer wagtye van etlike dae om Namibië te verlaat as gevolg van stelselveranderinge en infrastruktuurbottelnekke. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Namra, Sam Shivute, gepraat…
Eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel hoop om sy afhanklikheid van Amerikaanse militêre hulp te beëindig. Die land wil bande met Golfstate versterk. Steun vir Israel vanuit die Amerikaanse Kongres en die publiek het afgeneem sedert die oorlog in Gaza in Oktober 2023 begin het. Netanyahu het aan 60 Minutes…
Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur is tans besig om 'n kunsmatige intelligensie seminaar te finaliseer. Dit sal die regering in staat stel om kunsmatige intelligensie stelselmatig te implementeer in die openbare sektor. Tydens 'n regeringsinligtingsessie het Sankwasa Mubita, Nipam se direkteur van strategie en korporatiewe diens, meer…
Tennis: Die Noorweër Casper Ruud glo Jannik Sinner word nie altyd behoorlik waardeer nie. Die wêreld-nommer-een mik na 'n sesde agtereenvolgende Meesters-een-duisend-titel in die Italiaanse Ope in sy geboorteland. Sinner se wenvooruitsigte het verbeter toe al sy hoë-gekeurde uitdagers, Novak Djokovic, Félix Auger-Aliassime, Ben Shelton en Alex de Minaur, uitgeskakel…
Die polisie se hoof van Teenintelligensie, Feroz Khan, die Gautengse hoof van die Valke, Ebrahim Kadwa, en die sakeman Tariq Downes is borgtog van 20-duisend Suid-Afrikaanse rand toegestaan in die Kemptonparkse landdroshof in Gauteng. Hulle staan tereg op aanklag van die onwettige besit van edelmetaal en regsverydeling. Die Nasionale Vervolgingsgesag…
'n Globale entrepreneurskapsprogram, ondersteun deur die Stanford Graduate School of Business en die De Beers-groep, doen opnuut 'n beroep op Namibiese sakeleiers om voor 1 Junie aansoek te doen vir sy transformerende sakegroei-inisiatief. Jeffrey Prickett, die globale direkteur van die Stanford Transformasieprogram, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die program…
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê vaardigheidsbeplanning in Suid‑Afrika ly al te lank onder 'n gebrek aan samehang, duplisering en swak samewerking. Woordvoerder Matshepo Seedat sê die land beskik oor Werkplekvaardigheidsplanne en Sektorvaardigheidsplanne wat in baie gevalle bloot oefeninge in verslagdoening geword het, eerder as instrumente…
Die Arbeidersparty is heeltemal verdeeld. Dit is die mening van die Reform UK-lid en voormalige Konserwatiewe kabinetsminister Nadine Dorries sê dit is nou duidelik dat Sir Keir Starmer gaan bedank na die party se uiters swak vertoning in die afgelope verkiesing, die vraag is nou wie hom sal vervang.
Verbruikersvoorstanders doen 'n beroep op die finansministerie en die Parlement om die skuldberadingsbepaling in die Namibiese Verbruikerskredietwetsontwerp te herstel, en sê dit is noodsaaklik om oorbelaste Namibiërs te help. Verbruikerskenner Milton Louw het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die wetsontwerp in 'n gevorderde stadium is, die verwydering van…
Die Namibiese polisie herinner aansoekers daaraan dat hul werwingsveldtog vir vanjaar Woensdag sluit. Nampol werf 1 750 kadette, insluitend 1 000 algemene publieke kadette, 600 gegradueerdes van die Nasionale Jeugdiens, 120 professionele poste en 30 gespesialiseerde herinskrywings. Nampol-woordvoerder Kauna Shikwambi het gewaarsku dat aansoekers gedurende hierdie tydperk op hul hoede…
11 May 6AM
1 min
96 – 116
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.