
Senior SA polisie, sakeman kry borg in goudsaak
Loading player...
Die polisie se hoof van Teenintelligensie, Feroz Khan, die Gautengse hoof van die Valke, Ebrahim Kadwa, en die sakeman Tariq Downes is borgtog van 20-duisend Suid-Afrikaanse rand toegestaan in die Kemptonparkse landdroshof in Gauteng. Hulle staan tereg op aanklag van die onwettige besit van edelmetaal en regsverydeling. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Downes is na bewering in 2021 op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek met 62-duisend-rand se goud:

