
Kuberveiligheid is so sterk soos jou 'menslike firewall'
Loading player...
Kuberaanvalle neem toe, en die werklike probleem is nie waar data gestoor word nie, maar hoe goed dit beskerm word. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch, bemagtigingspesialis by Salt Essentials gepraat, wat sê tegnologie kan net soveel doen as die "menslike firewall" nie versterk word nie. Sy sê baie maatskappye mis die punt, en voeg by dat die narratief moet verskuif sodat personeel erken word as 'n proaktiewe bate in IT-sekuriteit.

