
Macron raak warm onder die kraag in Nairobi
Loading player...
Franse president Emmanuel Macron wat in Kenia is vir die Africa Forward-beraad, het 'n spreker op die verhoog in Nairobi onderbreek om die rumoerige gehoor te vra om stil te bly. Die beraad het meer as 30 Afrika-leiers, sakebestuurders en jong entrepreneurs bymekaar gebring terwyl Frankryk poog om ekonomiese en politieke bande reg oor die vasteland te versterk. "Daar is 'n totale gebrek aan respek," het Macron aan die gehoor gesê.

