
Toerismeraad ontken hy gaan verblyfpryse reguleer
Loading player...
Die Namibiese Toerismeraad het bewerings van die hand gewys dat hy beplan om verblyfpryse by hotelle, lodges en ander fasiliteite te reguleer na aanleiding van klagtes oor buitensporige tariewe en 'n gebrek aan regulering in die toerismesektor. NTB-woordvoerder Flora Quest het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê Namibië funksioneer onder 'n vryemarkstelsel waar verblyfpryse deur vraag en aanbod bepaal word.

