Die internasionale betrekkinge-ministerie het bevestig dat 24 Namibiese burgers verstrengel is in gesofistikeerde transnasionale misdaadnetwerke wat in Mianmar en Thailand bedrywig is. Verlei deur wat gelyk het na wettige werk-, opvoedings- en sportgeleenthede, bevind baie hulself nou slagoffers van bedrog en moontlike mensehandel. Die regering sê dat hulle nou saamwerk…
Die Stad Johannesburg het ingrypings teen beweerde eiendomskaping, onwettige besetting en grondgebruik in die Bryanston-omgewing verskerp. Dit volg na wetstoepassingsowerhede op twee eiendomme in Bryanston-rylaan toegeslaan het waar beweerde onregmatige bedrywighede plaasgevind het. Die metro se woordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê immigrasiebeamptes het twee bewoners, een van elke eiendom, gearresteer omdat…
Amerikaanse president Donald Trump het Iraniërs Dinsdag op Truth Social aangemoedig om aan te hou betoog en gesê hulp is op pad, sonder om besonderhede te gee. Hy het bygevoeg dat hy alle vergaderings met Iranse amptenare gekanselleer totdat die "sinnelose doodmaak" van betogers opgehou het. SkyNews se korrespondent in…
Na etlike dae van bestendige reënval het die Oshikoto-streekgoewerneur, Sacky Kathindi, boere versoek om sonder versuim hul lande voor te berei en voldoende gewasse te plant. Hy het beklemtoon dat tydige beplanning en aanplanting sal help om huishoudelike voedselsekerheid te verseker en selfs 'n surplus kan produseer. Kathindi het boere…
Die Vryheidsfront Plus vra vir die afkondiging van 'n ramptoestand in reaksie op die bek-en-klouseer-uitbreking. Die party waarsku dat die siekte nou van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap na groot voerkrale versprei het, wat die beesvleisbedryf en boere se lewensbestaan bedreig. Wynand Boshoff van die VF Plus sê 'n amptelike ramptoestand…
Nie alle skole is al oop nie met die laaste wat môre, die 14de open. Cambridge-leerplanskole het vandag matriekuitslae bekend gestel maar IEB skole spog al van verlede jaar af met goeie resultate. Alida Hill, die hoof uitvoerende beampte van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, het op sosiale media 'n boodskap met…
Namibië is deur die internasionale Climate Investment Funds genooi om ’n sektorale transformasie beleggingsplan te ontwikkel, wat die nasionale pyplyn van industriële ontkolingsprojekte sal rig. Dit beoog die mobilisering van tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in gerigte kapitaal, tesame met bykomende befondsing van multilaterale ontwikkelingsbanke en finansiële instellings. Die Namibië…
'n Noodlottige skietery wat dorpshoofde in die Ondonga Tradisionele Owerheid geteiken het en waarin een gesterf het, is toegeskryf aan diepgewortelde mislukkings in gemeenskaplike grondbestuur. Terwyl grondgeskille toenemend geweld aanwakker, sê Swapo-veteraan Nahas Angula aan Kosmos 94.1 Nuus dat geweld nooit 'n oplossing is nie en dring daarop aan dat…
Die Amerikaanse staat Minnesota het die Trump-administrasie gedagvaar in 'n poging om 'n toestroming van federale immigrasie-agente, of Ice, na die staat te keer. Die regsgeding voer aan die ontplooiing kom neer op 'n ongrondwetlike federale inval. Minnesota se prokureur-generaal, Keith Ellison, sê immigrasie-operasies het miljoene mense se lewens omvergewerp,…
Sewesitplekbestuurders sal nou tydelike permitte kry namate owerhede optree om langdurige permitvertragings aan te spreek. Die besluit volg op 'n vergadering Maandag tussen operateurs en die vervoerminister, Veikko Nekundi. Die sekretaris van die Seven Seaters' Association, Pablo Benjamin, sê die tydelike permit is 'n werkbare oplossing.
Shaun Gariseb, die bekende gemeenskapsaktivis, het dit op homself geneem om 'n grondoudit landswyd te doen. Gariseb is tans in Dordabis en fokus daarop om met gemeenskapslede te praat en om grond te assesseer wat nie in gebruik is nie, sowel as grond van die Khomanin voorvaders. Kosmos 94.1 Nuus…
Build One South Africa sê die algehele slaagsyfer van 88-persent vir die matrieks van 2025 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens is misleidend. Die slaagsyfer is ietwat van 'n verbetering van die 2024-jaargroep, wat 87,3-persent behaal het. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die werklike matriekslaagsyfer is 'n baie laer 54,7-persent, wat…
Die DA sê hy verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se eerlike en bewysgebaseerde ontleding van dit wat die matriekuitslae oor die onderwysstelsel sê. Die matriekklas van 2025 het ʼn slaagsyfer van 88-persent behaal wat die hoogste in die land se Nasionale Senior Sertifikaat se geskiedenis is. Nazley…
Brittanje se tegnologieminister Liz Kendall het in die parlement aangekondig dat so vroeg soos volgende week, dit ‘n kriminele oortreding kan wees nie net om naakbeelde van foto’s deur middel van KI, veral X se Grok, te skep nie, maar ook as ‘n sosiale media gebruiker so ‘n beeld deel…
Onderwysminister dr. Sanet Steenkamp het noemenswaardige verbeterings in die ministerie se sleutelprestasiegebiede vir die 2025-eksamenuitslae aangekondig, met 'n groeiende aantal leerders wat kwalifiseer vir vordering na gevorderde sekondêre onderwys. Die syfers wat vanoggend aangekondig is, toon dat die algehele akademiese prestasie versterk het, met 60,2 persent van kandidate wat ten…
Die Duitse ambassade het sy prosesse geoptimaliseer en sy dienste verbeter vir alle Namibiese inwoners wat 'n Schengen-visum benodig vir reise na Duitsland, België, Hongarye, Luxemburg, Malta, Nederland en Switserland. Vanaf Maandag 19 Januarie sal alle Schengen-visumaansoeke uitsluitlik deur sy diensverskaffer TLS Contact hanteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die minimumloon het reeds op 1 Januarie gestyg. Vir 2026 verdien huishoudelike werkers 15 Namibiese dollar per uur, landbouwerkers 14 dollar per uur en sekuriteitswerkers 16 dollar per uur, wat almal progressief beweeg na die standaard van 18 dollar per uur in 2027. Maar daar is uitdagings. Volgens die Namibiese…
Die klas van 2025 op gewone vlak het nie goed presteer nie. Net 36 persent van die kandidate kwalifiseer vir vordering. Kavango Oos het die beste presteer met 52,7 persent van kandidate wat deur is. Khomas is op 38,1 persent met Kunene wat die swakste vertoon het op 23 persent…
Terwyl die buurland se slaagsyfer op 88 persent ingekom het, is daar kritiek oor die uiters lae slaagsyfer maar, die lynminister, Siviwe Gwarube, sê die 30-persent slaagsyfer wat opposisiepartye voorhou, is verkeerd en ondermyn leerders se ware potensiaal en ambisie. Sy sê die Nasionale Senior Sertifikaat het minimum vereistes in…
13 Jan 4AM
1 min
116 – 136
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.