Die Polisie belowe misdaad sal nie ongestraf bly nie, met landswye optrede wat voortduur. Tydens die onlangse Operasie Shanela is byna 19 000 verdagtes in hegtenis geneem, met 132 ongelisensieerde vuurwapens, 888 rondtes ammunisie, 179 items plofstof en 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand se smokkelgoedere wat gekonfiskeer is. Hoë-impak arrestasies het…
Volgens die jongste syfers wat deur die Metropolitaanse Polisie vrygestel is, was daar 97 moorde in Londen gedurende die volle jaar van 2025. Londen het rondom 10 miljoen mense. Dit verteenwoordig 'n vermindering van 11 persent in vergelyking met 2024, wat 109 moorde gesien het, en is die laagste totaal…
Reaksie word ontvang op nuus dat 46 Zambiese en 36 Namibiese burgers in Katima Mulilo gearresteer is vir die smokkel van hout in die land in. Katima Mulilo-polisiestasiebevelvoerder, Charles Mayumbelo, het kommer uitgespreek oor hoe sommige handelaars nie die wet nakom nie. Volgens bronne raak die kwessie meer kommerwekkend en…
Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregtelike stelsel ondersoek, hervat sy openbare verhore op 26 Januarie. Die kommissie het verlede maand sy tussentydse verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Fase twee maak voorsiening vir reaksies op bewerings, terwyl die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi en sy…
Die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-slaagsyfer is 88-persent, 'n toename van 0,7-persent vanaf die 87,3-persent in 2024. Dit is die hoogste in die geskiedenis. Die provinsie wat die beste presteer het, is KwaZulu-Natal met 90,6-persent, gevolg deur die Vrystaat met 89,33-persent en Gauteng in die derde plek met 89,06-persent. Die minister…
Voormalige justisieminister Yvonne Dausab is aangestel as uitvoerende dekaan van Unam se Fakulteit van Handel, Bestuur en Regte. Dausab was voorheen adjunkdekaan van die universiteit se regsfakulteit voordat sy in 2015 die voorsitter van die Regshervormings- en Ontwikkelingskommissie geword het. In Maart 2020 is sy as justisieminister aangestel en het die kabinet in Maart 2025 verlaat nadat sy nie die Swapo-lys…
Elektriese voertuie kan binnekort 'n meer algemene gesig op Namibiese paaie word. Jens Denk van Electric Vehicles Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die vraag steeds beperk is, dalende pryse, langdurige batterye en nuwe laaistasies langs hoofroetes die aanvaarding kan versnel, veral in stede, terwyl hibriede motors…
Die aankondiging van die 2025 matriek-eksamen uitslae word vandag in die hoofstad gemaak. Beide die algemene vlak en AS-uitslae sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM jeugleier Duminga Ndala gepraat, wat sê sy is optimisties.
Die volgende sentrale bank se volgende repokoers aankondiging word op 18 Februarie verwag, terwyl die buurland op 29 Januarie sy aankondiging sal maak. Op die oomblik is Suid-Afrika, op 6,75 persent, 25 basispunte bo Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen gepraat, ekonoom by Simonis Storm, wat sy voorspelling…
Die Vryheidsfront Plus sê die skerp styging in bek-en-klouseer-gevalle in Gauteng en omliggende provinsies het ʼn krisisvlak bereik en beslissende optrede is nodig. Die land beleef een van die ergste uitbrekings in dekades. Dit het in April 2025 in KwaZulu-Natal begin en het sedertdien landwyd versprei. Jaco Mulder van die…
Iran het Maandag gesê hy hou kommunikasie met Amerika oop terwyl president Donald Trump reaksies op 'n dodelike onderdrukking van landwye betogings oorweeg. Minstens 650 mense het tot dusver gesterf in die betogings, berig die BBC. Tienduisende pro-regering inwoners het ook Maandag in Teheran bymekaargekom in 'n saamtrek genaamd die…
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die toppresteerders van 2025 se matriekklas gelukgewens en prys hul akademiese uitnemendheid. Sy het leerders in Johannesburg herinner hierdie mylpaal dui die begin van 'n nuwe reis aan. Gwarube het leerders aangemoedig om te volhard ondanks toekomstige uitdagings en om hul belangstelling,…
Tennis: Die driemalige naaswenner van die Australiese Ope, Daniil Medvedev, sê hy glo met sy huidige spelpeil sal dit moeilik wees om hom vanjaar op Melbourne Park te klop. Die Rus het die Amerikaner Brandon Nakashima gister verslaan op die Brisbane-internasionaal om sy 22ste toer-titel te buit. Medvedev erken egter…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om 'n proklamasie te onderteken wat haar die mag gee om verlof vir die Speaker van die Nasionale Vergadering, die Voorsitter van die Nasionale Raad en hul adjunkte goed te keur of te weier, laat vrae ontstaan. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het die…
Namate huurinflasie in Namibië die jaar 2025 op hoë vlakke afgesluit het, het die debat rondom huurbeheer weer opgeduik. Teenstanders van huurbeheermaatreëls voer aan dat die instelling van bindende huurplafonne beleggings sal belemmer. AR-parlementslid George Kambala hou egter vol dat huurbeheer bedoel is om huurders teen uitbuiting deur verhuurders te…
Die nuustste dwelm-konfiskasieverslag van die Namibiese polisie het aangedui dat 36 aborsie pille ook deel van die konfiskerings was. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by teen-aborsie aktivis, dr. Shirley Magazi wat meen vrouens moet opgevoed word dat hulle opsies het wat nie die moord van baba's bevorder nie.
Die DA kritiseer die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se besluit om 'n voorgestelde Suid-Afrikaanse kunswerk vir die 61ste Venesiese Biënnale te kanselleer. Dis glo omdat die inhoud verband hou met die dood van vroue en kinders in Gaza. DA-woordvoerder, Leah Potgieter, sê 'n minister het geen…
Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Jerome Powell, veroordeel die Departement van Justisie se jongste strafregtelike aanklag, wat verband hou met sy getuienis voor die Senaat se Bank-komitee verlede Junie. Die getuienis het deels betrekking gehad op 'n meerjarige projek om geskiedkundige Federale Reserweraad-kantoorgeboue op te knap. Powell sê…
Skole het begin en soos gewoonlik sukkel ouers met plasing vir hulle kinders, veral in grade 1 en 8. Berigte lui dat ouers kinders se name moet registreer by die onderwyshulpbronsentrum in Katutura sodat hulle plasing kan kry in Windhoek. Die minister van onderwys Sanet Steenkamp is tans in die…
12 Jan 7AM
1 min
136 – 156
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.