Copps 94.1, in samewerking mat die Namibiese polisie, het Vrydagaand gelyktydig in Windhoek en Otjiwarongo ‘n wakende oog gehou. Op Otjiwarongo het sake seepglad verloop met sjebiens wat by die reëls gehou het en partytjiegangers wat hulle gedra het, berig Darren Smith van Kosmos 94.1. In Windhoek, daarenteen, het die…
Cirrus gaan op 15 Julie 'n nasionale speenkalffees op Hochveld hou. Daar sal ook 'n verskeidenheid stalletjies wees en gesprekke met Savannah Beef oor slagregte en slagbeurte. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus medestigter Romé Mostert gepraat.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en Agri Wes-Kaap het 'n nuwe geval van bek-en-klouseer in die Mosselbaaigebied bevestig. Dis op 'n klein beesplaas geïdentifiseer aan die kant van die bestaande kwarantyngebied van tien-kilometer in Groot-Brakrivier. Woordvoerder Herman Pieters sê beamptes het gedurende inspeksie en inentingswerk verdagte letsels opgemerk, waarna hulle monsters geneem het…
Die derde been van die Namibië Nasionale Karting-kampioenskap vind môre plaas by die Tony Rust-baan in Windhoek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sê die land se topbestuurders sal meeding en die toegangsprys is 50 Namibiese dollar. Hy het meer.
Daar heers groot opgewondenheid met die vieringe rondom die Sam Khubis-herdenking vandag deur die Baster gemeenskap. Dit volg nadat die volk vanjaar erken is 'n tradisionele owerheid, en is ook die eerste herdenking onder die nuwe Basterkaptein, Jacky Britz. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Hardap-streek, Riaan…
Die skorsing van Joseph Shikongo uit die pos van NamPol inspekteur-generaal vir 12 maande bly in die nuus. Hierdie keer eis die amptelike opposisieparty antwoorde. IPC-president Panduleni Itula het die uitvoerende gesag versoek om dokumente wat verband hou met die proses openbaar te maak, insluitend die aanbeveling van die Veiligheidskommissie,…
Die Regshulpsentrum het die regering se bewerings oor LGBT-regte betwis en gesê dat internasionale reg reeds gelykheidsbeskerming ondersteun, 'n kwessie wat tydens Namibië se onlangse Verenigde Nasies menseregte-oorsig geopper is. Direkteur Toni Hancox het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat howe en internasionale forums gelykheidsregte lank reeds geïnterpreteer het om…
Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om hoër tariewe op die Europese Unie te hef as hy nie teen 4 Julie sy heffings op Amerika tot nul afbring nie. Die EU-blok met 27 lede en Amerika het verlede Julie 'n ooreenkoms aangegaan wat die heffing op die meeste Europese goedere…
Nust het Donderdag en vandag sy gradeplegtigheid in die hoofstad gehou waar president Netumbo Nandi-Ndaitwah die hoofspreker was. Sy het die kwessie van jeugwerkloosheid, veral onder gegradueerdes, uitgelig. Sy sê die gaping tussen markvraag en opleiding moet verklein word.
Die Konstitusionele Hof het beslis teen die parlement se besluit in die Phala Phala-saak en bevind die ampsklag-proses is ongrondwetlik en ongeldig. Dit hou verband met die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas. Die hof het bevind die reël verhinder die Nasionale Vergadering om behoorlik te besluit oor die…
Die internasionale handelstatistieke vir Maart is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelstekort het op 2,3 miljard Namibiese dollar ingekom, effe beter as Februarie se 5,2 miljard dollar. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder.
Die Arbeidersparty het lelik pak gekry in Engeland se plaaslike owerheidsverkiesing. Reform UK het skoonskip in talle van die rade gemaak. Die Britse premier Keir Starmer sê daar is nie ‘n manier wat hy sal wegstap en die land in chaos dompel nie.
Suid-Afrika gaan 'n verslag aan die Afrika-Unie voorlê nadat Ghana versoek het dat anti-migrante-betogings tydens 'n komende vergadering bespreek moet word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering ondersteun die eerste land-van-veiligheid-beginsel in migrasiesake. Ntshavheni het bygevoeg daar is nie 'n oorlog in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek om…
Wêreld-persvryheidsdag word vandag in die hoofstad herdenk. Die dag word op 3 Mei jaarliks gevier na die Windhoek-deklarasie op daardie dag in 1991 deur Afrika-joernaliste onderteken is. Die verklaring definieer 'n vrye pers as onafhanklik van regerings-, politieke of ekonomiese beheer, wat die basis vorm vir wêreldwye persvryheid voorspraak. Tydens…
Die plaaslike landbousektor is op hol na die energieminister, Modestus Amutse, tydens die brandstofprys aankondiging gesê het dat vulstasies nie grootmaat brandstof aan mense sonder ‘n verbruikersinstallasiesertifikaat, mag voorsien nie.
Namibiërs kan hoër voedselpryse in die komende weke en maande verwag namate steil brandstofprysverhogings toenemende druk plaas op boere wat reeds met stygende produksiekoste sukkel. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die skerp styging in dieselpryse, met 4 dollar 63…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê meer hantavirusgevalle wat verband hou met die uitbreking op die Atlantiese luukse passasierskip, kan steeds opduik as gevolg van die virus se lang inkubasietyd van tot ses weke. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het aan die media gesê voortgesette monitering en kontakopsporing is in…
Die Nasionale Speenkalfkampioenskap is by die Bank Windhoek-ring op die Windhoek skougronde geloods. Die kampioenskappe is al sedert 2011 ’n vaste instelling op die veilingkalender. Met veilings landswyd bring Agra Veilings produsente bymekaar. Kosmos 94.1 Nuus was by die skougronde en het met Paul Klein, die uitvoerende hoof van die…
Die verhoor van sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigde sal op 20 Julie in die Johannesburgse Hooggeregshof begin. Matlala en vier ander beskuldigdes staan tereg op 25 aanklagte, insluitend verskeie aanklagte van poging tot moord wat verband hou met verskeie beweerde skietvoorvalle tussen 2022 en 2024. Magaboke Mohlatlole van…
8 May 4AM
1 min
136 – 156
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.