
Nuwe BKS-geval in Mosselbaai-gebied bevestig
Loading player...
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en Agri Wes-Kaap het 'n nuwe geval van bek-en-klouseer in die Mosselbaaigebied bevestig. Dis op 'n klein beesplaas geïdentifiseer aan die kant van die bestaande kwarantyngebied van tien-kilometer in Groot-Brakrivier. Woordvoerder Herman Pieters sê beamptes het gedurende inspeksie en inentingswerk verdagte letsels opgemerk, waarna hulle monsters geneem het. Hy sê die uitslag het 'n positiewe geval bevestig:

