Knortjorre brul weer by Tony Rust

Loading player...
Die derde been van die Namibië Nasionale Karting-kampioenskap vind môre plaas by die Tony Rust-baan in Windhoek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sê die land se topbestuurders sal meeding en die toegangsprys is 50 Namibiese dollar. Hy het meer.
8 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cirrus se speenkalffees op pad in Julie

Cirrus gaan op 15 Julie 'n nasionale speenkalffees op Hochveld hou. Daar sal ook 'n verskeidenheid stalletjies wees en gesprekke met Savannah Beef oor slagregte en slagbeurte. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus medestigter Romé Mostert gepraat.
8 May 11AM 1 min

Nuwe BKS-geval in Mosselbaai-gebied bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en Agri Wes-Kaap het 'n nuwe geval van bek-en-klouseer in die Mosselbaaigebied bevestig. Dis op 'n klein beesplaas geïdentifiseer aan die kant van die bestaande kwarantyngebied van tien-kilometer in Groot-Brakrivier. Woordvoerder Herman Pieters sê beamptes het gedurende inspeksie en inentingswerk verdagte letsels opgemerk, waarna hulle monsters geneem het…
8 May 11AM 1 min

Sam Khubis-herdenking vanjaar spesiaal

Daar heers groot opgewondenheid met die vieringe rondom die Sam Khubis-herdenking vandag deur die Baster gemeenskap. Dit volg nadat die volk vanjaar erken is 'n tradisionele owerheid, en is ook die eerste herdenking onder die nuwe Basterkaptein, Jacky Britz. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Hardap-streek, Riaan…
8 May 10AM 1 min

IPC trek te velde oor Shikongo se skorsing

Die skorsing van Joseph Shikongo uit die pos van NamPol inspekteur-generaal vir 12 maande bly in die nuus. Hierdie keer eis die amptelike opposisieparty antwoorde. IPC-president Panduleni Itula het die uitvoerende gesag versoek om dokumente wat verband hou met die proses openbaar te maak, insluitend die aanbeveling van die Veiligheidskommissie,…
8 May 10AM 1 min