
SA sal verslag aan AU voorlê oor migrasie
Loading player...
Suid-Afrika gaan 'n verslag aan die Afrika-Unie voorlê nadat Ghana versoek het dat anti-migrante-betogings tydens 'n komende vergadering bespreek moet word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering ondersteun die eerste land-van-veiligheid-beginsel in migrasiesake. Ntshavheni het bygevoeg daar is nie 'n oorlog in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek om groot bewegings van mense na Suid-Afrika te regverdig nie:

