
Wes-Kaapse owerhede vergader oor geweld op taxiroete
Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit sê hy sal stappe doen om geweld op die Khayelitsha-Somerset-Wes openbare taxiroete te beëindig. Die departement, die Stad Kaapstad en die taxibedryf begin Maandag met bemiddeling om die konflik op te los. Meer verkeersbeamptes sal ook die betrokke gebiede patrolleer, terwyl voertuie wat bedryfsreëls oortree, geskut sal word. Muneera Allie van die Departement sê die veiligheid van pendelaars en bestuurders bly 'n prioriteit:

