
Sny af - of betaal self
Loading player...
Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa, dreig om munisipale skuld van raadslede se toelaes af te trek indien hulle nie sy opdrag uitvoer om dienste aan wanbetalers af te sny nie. Hy het tydens die burgemeestersforum in Rundu gevra waarom munisipaliteite finansiële probleme aanvoer terwyl miljoene se uitstaande skuld steeds nie ingevorder word nie.

