
Wolwedans-projek kry wêreldlof
Loading player...
'n Plaaslike projek geniet wêreldwye erkenning omdat dit landelike gemeenskappe in die hart van toerisme plaas. RuralRevive, 'n inisiatief van die Wolwedans-stigting, is tydens die 2026 Wêreldwye Toekennings vir Verantwoordelike Toerisme in Londen aangewys as die goue wenner in die kategorie vir regeneratiewe toerisme. Annely Ickua van RuralRevive sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die toekenning erkenning gee aan die werk om Maltahöhe deur volhoubare landbou te transformeer.
Annely Ickua Naweek
Annely Ickua Naweek

