
Jongste navorsing werp nuwe lig op Alzheimer
Loading player...
Daar word geglo dat Alzheimer se siekte veroorsaak word deur die opbou van amiloïedplaak in die brein, maar pogings dit te verminder, keer nie kognitiewe agteruitgang om nie, wat sommige laat wonder of iets anders aan die gang is. Die jongste navorsing fokus op die mutasie van 'n geen wat lipiede in die brein vervoer, wat 'n opbou veroorsaak, wat weer ontwrigting van senuweeselle veroorsaak, wat kan beïnvloed hoe die seine deur die brein beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Berrie Holthauzen van Alzheimer Dementia Namibia gepraat.

