
Sonnige dae, koue oggende
Loading player...
Namibië kan vandag 'n sonnige dag verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller, Albertina Anderson, gepraat, wat sê dat terwyl die binneland aangename dagtemperature van ongeveer 25 grade Celsius kan verwag, vroeegoggende redelik koud al bly met laagtepunte van naby 2 grade Celsius.

