Gesondheid monitor hantavirus

Loading player...
Wêreldwyd is agt gevalle van hantavirus geïdentifiseer, met drie sterftes tot dusver aangemeld. In Namibië bly die situasie egter onder beheer. Die ministerie van gesondheid het die publiek gerusgestel dat hy 'n onlangse, spesifieke streeksuitbrekings monitor en dat die nasionale openbare gesondheidstelsel gerat is om enige potensiële invoer van die virus te hanteer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, dat voorkoming noodsaaklik is.
11 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goud 'nie goeie belegging nie, te wisselvallig'

Goud het in Januarie sy geskiedkundige hoogtepunt van meer as 5 500 Amerikaanse dollar 'n fynons bereik maar het sedertdien geleidelik gedaal. Oor die afgelope week het die edelmetaal weer effe gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gekry oor die amper 4 persent styging…
7 Jul 8AM 1 min

Madlanga kyk na WhatsApps tussen Juju, Khan en Sayed

Die Madlanga-kommissie het beweerde WhatsApp-boodskappe ondersoek wat die senior polisie-offisier Feroz Khan, die EFF-leier Julius Malema en die sakeman Mohamed Sayed betrek. Getuienisleier Michael Chaskalson sê dit dui aan Sayed het in Junie 2021 inligting aan Khan gestuur op Malema se versoek. Die boodskappe is nog nie as bewyse getoets…
7 Jul 8AM 1 min

Emma gesels oor KI-wetsontwerp in China

'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.
7 Jul 6AM 1 min

Onwettige wapens, kapings in die soeklig in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê…
7 Jul 6AM 1 min

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om…
7 Jul 6AM 1 min