Reaksie word ontvang op Stad Windhoek wat dorpsontwikkelings- en formaliseringsprojekte in Otjomuise en Hadino Hishongwa goedgekeur het, wat na verwagting meer as 1 100 nuwe erwe sal skep. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation gepraat, wat sê die model wat voorgestel word sal nie…
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê hulle het 20 bykomende verskaffers op hul lys van onopspoorbare ondernemings gevoeg, wat die totaal op 113 te staan bring. Die verskaffers word daarvan beskuldig dat hulle bestellings en betalings neem, maar versuim om goedere af te lewer, en dan verdwyn of hul webwerwe sluit. Phetho…
Katar het weer bevestig dat dit belangrik is om vrye beweging deur die Straat van Hormuz te beskerm en enige aanvalle teen handelsvaartuie of dreigemente teen maritieme sekuriteit veroordeel. Sowat ʼn vyfde van die wêreld se olie en vloeibare aardgas beweeg gewoonlik deur die seestraat. Teheran sê dit sal gesluit…
Die /Khomanin tradisionele gemeenskap is tans besig om genoeg ondersteuning te werf om hulle huidige leier en hoof, Julienne Gawanas, te verwyder. Volgens gemeenskapaktivis Shaun Gariseb gaan die kwessies verder as onwettige grondverkope. Dit sluit in skenkings, dividende op visvangregte en borgskappe wat vir gemeenskapslede bedoel is. Op 31 Januarie…
Die amptelike opposisie, die IPC het die noodlottige skietery van 'n 39-jarige geestesversteurde man deur die polisie in Otjiwarongo veroordeel. Die party sê die slagoffer was in 'n psigiatriese krisis en mediese de-eskalasie moes ontvang het, in plaas daarvan om geskiet te word. Die voorval het kommer oor polisiebrutaliteit weer…
Kaapstad se Ramp-risikobestuur sê assesserings toon die afgelope dae se stormweer het 83 184 mense in 21 546 woonplekke geraak. Sedert Maandag het swaar reën, donderstorms, skadelike wind en sneeu in ses provinsies voorgekom en minstens tien lewens geëis. ʼn Woordvoerder van Ramp-risikobestuur, Charlotte Powell, sê hulle verleen hulp in…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is tans geen teken van ʼn groter hantavirus-uitbreking nie. Die situasie kan egter verander weens die virus se lang ontkiemingstyd. Die WGO het tot dusver nege gevalle van die virus bevestig nadat mense die MV Hondius-passasierskip verlaat het. Drie mense wat op die skip was, is…
Die vakbondfederasie Cosatu sê dringende optrede is nodig om die groeiende werkloosheidskrisis aan te spreek. Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika vir Januarie tot Maart toon die uitgebreide werkloosheidsyfer het tot 43,7-persent gestyg, met 'n verdere 300 000 mense wat nie werk nie. Matthew Parks van Cosatu sê werksverliese is…
Die weer is op almal se lippe veral met die hewige storms in die Wes-Kaap. Maar, daar is effe verligting en dit sal na verwagting vandag begin opklaar, maar die stormwind sal nog 'n ruk voortduur. Plaaslik sal die effek daarvan in die verre Suide gevoel word, het die Namibiese…
Die jongste FNB huisprys-indeks toon ‘n klein verlangsaming na 7,1 persent in die eerste kwartaal, af van 7,6 persent in die laaste kwartaal van 2025. Die bank sê ‘n algehele tekort en ‘n oorvloed van welgestelde kopers, beide buitelanders en inwoners, hou baie Namibiërs uit die mark uit. Mandisa van…
Daar word verwag dat die plaaslike graan-aanbod vanjaar effe sal verbeter. Plaaslike witmielie-aankope sal volgens die Namibiese Landbou-unie na verwagting van 70 000 ton verlede jaar tot 80 000 ton styg. Die Akkerbouraad het voorspel dat produksie tot 100 000-ton kan opskiet. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die…
Baie Namibiërs bots teen 'n burokratiese muur by binnelandse sake terwyl die lynministerie sy ondersoeke van burgerskap verskerp. Baie burgers, veral diegene wat aan buitelandse ouers gebore is of binne die konteks van migrasie voor en na onafhanklikheid, ondervind probleme om ouerskapstatus te bewys as gevolg van histories onvolledige of…
Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni, Gauteng, is bekommerd oor die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge se onthulling oor uitgebreide kubermisdaad in die metro. Woordvoerder Denise Janse van Rensburg sê kubermisdadigers het na raming oor 'n lang tydperk meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die metro se faktuurstelsel gesteel…
Amerikaanse president Donald Trump is op pad na China vir 'n staatsbesoek van vandag tot Vrydag. Intussen het Amerikaanse inflasie in April tot 3,8 persent gespring, aangedryf deur hoë brandstofpryse weens die VSA en Israel se oorlog met Iran. Dit is die hoogste vlak sedert inflasie drie jaar gelede op…
Die tweede Namibië-EU Sakeforum vind plaas van 11 tot 13 Mei in Windhoek, onder die tema "Op pad na Sterker, Groener en Meer Gediversifiseerde Ekonomieë: Katalisering van Sake- en Handelsgeleenthede tussen die EU en Namibië". Die geleentheid fokus op groen industrialisering, insluitend volhoubare waardekettings vir grondstowwe, hernubare waterstof, landboubesigheid, motorvervaardiging…
ActionSA beplan om strafregtelike klagte teen president Cyril Ramaphosa te lê oor beweerde teenstrydighede in die bedrag geld wat in Februarie 2020 van sy plaas, Phala Phala, gesteel is. Woordvoerder Michael Beaumont noem oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, asook aanklagte van bedrog en…
Die Rough & Tough Rally, ter ondersteuning vir die Kankervereniging, begin Donderdag en duur tot Sondag. Die opgewondenheid loop hoog op sosiale media met verskillende pryse wat in aanloop tot die tydren kan gewen word. Kosmos 94.1 Nuus het met Flippie Baard, een van die organiseerders gepraat.
Die Kankervereniging van Namibië is tans besig met 'n nasionale kanker-uitreikprogram. Deur die program probeer die vereniging om kanker vroeg op te spoor en behandeling so gou moontlik te begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, gepraat. Hansen moedig ook die publiek aan…
12 May 10AM
1 min
56 – 76
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.