Die EFF verwerp die Departement van Korrektiewe Dienste se begroting van ongeveer 30,9 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat volgende jaar tot 32,8 miljard rand sal styg. Die departement verwag verminderings van 683,4 miljoen rand oor die huidige Mediumtermyn-uitgaweraamwerk. Nontando Nolutshungu van die EFF sê die begroting sal lei tot oorbevolking, institusionele…
Ons herdenk vandag die opstanding van Jesus Christus. Oral in Namibië vul kerke vandag met lofgesang en herinnering aan Sy ewige belofte. Mag hierdie spesiale dag vir jou en jou gesin vol vrede, hoop en seëninge wees, en geniet die betekenisvolle rusdag saam met geliefdes. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Koning Charles sê ʼn toenemend gevaarlike en wispelturige wêreld bedreig die Verenigde Koninkryk, en die konflik in die Midde-Ooste is slegs die jongste voorbeeld. Hy het die Parlement gister toegespreek waar hy planne uiteengesit het vir wetgewing om die polisie, die Nasionale Gesondheidsdiens en die strafregstelsel te hervorm, asook ʼn…
ActionSA het strafregtelike klagte teen president Cyril Ramaphosa gelê in die Bela-Bela polisiestasie in Limpopo oor die Phala Phala-skandaal. Dit sluit in oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, asook bedrog en meineed wat verband hou met verklarings oor die bedrag geld wat in 2020…
Kenners waarsku dat om te wag op 'n "beter tyd" om te spaar dikwels tot finansiële stagnasie lei, aangesien vandag se behoeftes gereeld môre se planne oorskadu. Die voorstel is dat werknemers hul spaarbydraes outomaties verhoog elke keer wanneer hulle 'n salarisverhoging of lewenskoste-aanpassing ontvang. Hierdie metode beveg inflasie en…
Nsfaf het begin met uitbetalings van nie-klasgelde vir die 2026 akademiese jaar, maar weens die fakturering- en verifikasieprosesse tussen Nsfaf en tersiêre instellings sal almal nie hul fondse gelyktydig kry nie. Betalings word tans geprioritiseer vir studente wat voortgaan met hul studies. Uitbetalings vir nuwe begunstigdes sal begin sodra die…
Die Staatsdienskommissie het slegs 8 persent van regeringsposte gedurende die 2024/25-boekjaar geoudit, wat kommer oor deursigtigheid en administratiewe toesig laat ontstaan het. Die oudits is by 10 regeringskantore, ministeries en agentskappe, en streekrade gedoen om nakoming van werwingsprosedures, kwalifikasies, bevorderings en nakoming van staatsdiensregulasies te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die chaos by die grensposte as gevolg van NamRA se opgedateerde ASYCUDA-stelsel bly in die nuus. Die Walvisbaai-korridorgroep het verseker dat die vertragings by die grense dringende aandag van alle owerhede ontvang. Dit is te midde van frustrasie van vragmotorbestuurders oor swaar vrag- en grensverwerkingsvertragings tans, veral by die Katima…
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se werkverskaffings-projekte misluk, aangesien die werkloosheidsyfer met 1,1-persent tot 34,1-persent gestyg het vanaf die vierde kwartaal van verlede jaar. Die jongste arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal van vanjaar toon die provinsie is 67-duisend werksgeleenthede kwyt. Die DA-lid, Mike Moriarty, sê beleggers trek…
Drie-en-twintig plaaswerkers en hul gesinne is gered op 'n plaas langs die ou N1-pad tussen Worcester en Rawsonville in die Wes-Kaap. Die werkers was volgens berigte sedert Maandag vasgekeer op plaasstrukture se dakke as gevolg van stygende vloedwater. Craig Lambinon van die Nasionale Seereddingsinstituut sê drie plaaswerkers se liggame is…
Die tweede Namibië-EU Sakeforum sluit vandag in Windhoek af, onder die tema “Op pad na Sterker, Groener en Meer Gediversifiseerde Ekonomieë: Katalisering van Sake- en Handelsgeleenthede tussen die EU en Namibië”. Die geleentheid fokus op volhoubare waardekettings vir lande in die EU en Namibië. Tydens die forum het ekonoom, Robin…
'n Russiese vragskip wat 'n reeks geheimsinnige ontploffings ervaar het voordat dit uiteindelik 17 maande gelede langs die suidooskus van Spanje gesink het, het moontlik kernduikboot-reaktors vervoer wat bestem was vir Noord-Korea. Die Ursa Major was na bewering op pad van St. Petersburg na Vladivostok in die verre ooste van…
AfriForum doen 'n beroep op 'n volledige ondersoek na herhaalde sekuriteitsbreuke by die fasiliteite van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Gauteng, insluitend inbrake en wapendiefstal. Die organisasie sê die voorvalle dui op ernstige nasionale veiligheidskwessies en moontlike sindikaatbetrokkenheid of interne samespanning. Hy het ook aangebied om die SANW te help…
Die plaaslike slangkenner, Francois Theart, het sy verontwaardiging uitgespreek oor die verergerende tekort aan slangbyt-teengif in die land. Hy waarsku dat die land se afhanklikheid van 'n enkele Suid-Afrikaanse verskaffer hospitale en veeartsenykundige klinieke weereens sonder lewensreddende voorraad gelaat het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Theart dat…
Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê Namibië se besluit om sy buitelandse skuldblootstelling te verminder is 'n positiewe stap, na die terugbetaling van beide die Euro-obligasie en die Internasionale Monetêre Fonds se noodlening. Hy sê hoewel buitelandse skuld dikwels met laer rentekoerse gepaardgaan, hou dit ook buitelandse valutarisiko's in. Kakujaha-Matundu het…
Reaksie word ontvang oor Naomi Fisch, 'n inwoner van Rehoboth en veelvuldige dwelmbeskuldigde, wat borg van 9 000 Namibiese dollar in die Rehoboth-landdroshof toegestaan is. Fisch is op twee aanklagte in hegtenis geneem nadat sy na bewering in besit van crack-kokaïen gevind is en van regsverydeling beskuldig is. Dis is…
KI in Hollywood bly kontroversieel en het weer opgeduik by die amptelike opening van die Cannes-filmfees Dinsdagaand. Die bekroonde aktrise Demi Moore is een van die beoordelaars en het die kwessie by die openingsperskonferenise aangespreek.
President Donald Trump van Amerika sê hy het nie president Xi Jinping van China se hulp nodig om die oorlog met Iran te beëindig nie. Die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomieë voer môre die eerste keer in meer as ses maande regstreekse gesprekke. Trump kom vanaand in…
13 May 4AM
1 min
36 – 56
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.