23 plaaswerker-gesinne van dakke af gered buite Worcester

Loading player...
Drie-en-twintig plaaswerkers en hul gesinne is gered op 'n plaas langs die ou N1-pad tussen Worcester en Rawsonville in die Wes-Kaap. Die werkers was volgens berigte sedert Maandag vasgekeer op plaasstrukture se dakke as gevolg van stygende vloedwater. Craig Lambinon van die Nasionale Seereddingsinstituut sê drie plaaswerkers se liggame is ook gevind:
13 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Neem video's, foto's van padvarke, stuur na NamPol

Dit is weer naweek en daar lê nog 'n langnaweek en 'n vakansiedag voor dié maand. Videos het onlangs die rondtes op sosiale media gedoen van roekelose drywers op die nasionale paaie. NamPol se verkeershoof, Kommisaris Petrus Swartz, het op plaaslike media Namibiërs gewaarsku teen roekelose bestuur. Hy het hulle…
15 May 10AM 1 min

EU-sakeberaad lewer dermiljoene in beleggings

Die EU-sakeberaad het vandeesweek in die hoofstad afgesluit. Die hoogtepunte sluit in beleggings van 29 miljoen Namibiese dollar om Lüderitz te help voorberei vir ekonomiese en stedelike groei, 35 miljoen dollar vir geo-wetenskap en ondersteuning vir kritieke grondstowwe, en 14,5 miljoen dollar om Namibië se industriële standaardekapasiteit te versterk. 'n…
15 May 10AM 1 min

Staatsamptenare, só werk Psemas, GIPF-betalings

Die ministerie van finansies is besig om deur 'n oorgangsperiode te gaan met mediese skema- en pensioenvoordele en betalings. Die ministerie se woordvoerder, Jonathan Swartz het 'n belangrike kennisgewing aan die openbare sektor se werknemers oor Psemas-betalings.
15 May 10AM 1 min

Tienermeisies 'benodig kontrasepsie vir eie veiligheid'

Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry oor groot kommer in Kavango-Wes met skoolverlatings wat ‘n hoogtepunt bereik het in 2025, toe 1 460 leerders skool verlaat het met 332 meisies wat swanger geword het. In 2024 het 809 leerders skool verlaat met 273 meisies wat swanger geword het. Brigitt Loots,…
15 May 9AM 1 min