Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem

Loading player...
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van nasionale eenheid, nadat die partye gebots het oor die ANC se saak teen die Verkiesing-s-kommissie in die Konstitusionele Hof. Ramaphosa het Sondag tydens sy verkiesingsveldtog in Kaapstad gesê dat burgers die geleentheid het om ’n verskil te maak in die komende plaaslike regering-s-verkiesing:
19 Oct 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede

Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van…
19 Oct 2AM 1 min

AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas

AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong…
19 Oct 2AM 1 min