Wispelturige wêreld bedreig VK - Charles

Loading player...
Koning Charles sê ʼn toenemend gevaarlike en wispelturige wêreld bedreig die Verenigde Koninkryk, en die konflik in die Midde-Ooste is slegs die jongste voorbeeld. Hy het die Parlement gister toegespreek waar hy planne uiteengesit het vir wetgewing om die polisie, die Nasionale Gesondheidsdiens en die strafregstelsel te hervorm, asook ʼn wetsontwerp om bande met die Europese Unie te versterk. Koning Charles waarsku dat elke element van Brittanje se energie-, verdediging- en ekonomiese sekerheid getoets sal word:
13 May 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wes-Kaapse gemeenskap vra hulp na oorstromings

Die Wes-Kaapse departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die privaat sektor en die algemene publiek wat moontlik kan help, gevra om organisasies sonder winsbejag by te staan waar hulle reageer op weerverwante rampe. Tans het 3 628 mense in die provinsie hul huise verloor en word in gemeenskapsale gehuisves. Die LUR…
14 May 3AM 1 min

'Vordering met vrede'- Vance

Amerika se visepresident JD Vance sê onderhandelaars maak vordering met vredesamesprekings met Iran. Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump Teheran se jongste voorstel om die oorlog te beëindig, verwerp en as onaanvaarbaar beskryf het. Iran en Amerika het hul eerste regstreekse samesprekings in Islamabad, Pakistan, gevoer kort nadat…
14 May 3AM 1 min

SA moet dringend belê in jeug-werksprogramme

United Africans Transformation vra vir grootskaalse werksprogramme vir die jeug, groter belegging in township- en plattelandse ekonomieë, en sterker ondersteuning vir klein ondernemings om die werkloosheidskrisis aan te pak. Volgens die party dryf die werkloosheidsyfer van 32,7-persent miljoene jong mense tot wanhoop. Mighty Mabule van UAT het die regering aangespoor…
14 May 2AM 1 min

Swakop verhoog dienskostes met 5%

Die Swakopmund munisipaliteit het 'n 5 persent verhoging in die meeste diensverwante tariewe vir die 2026/27 finansiële jaar aangekondig. Die tariefverhoging sal dienste soos waterverbruik, afvalwaterdienste, vullisverwydering, brandweerheffings, stadsaalhuur en sportfasiliteithuur beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder Linda Mupupa gepraat, wat sê dat die basiese waterheffing…
14 May 1AM 1 min