IPC sê burgelike liggaam moet toesig hou oor NamPol se gedrag

Loading player...
Die amptelike opposisie, die IPC het die noodlottige skietery van 'n 39-jarige geestesversteurde man deur die polisie in Otjiwarongo veroordeel. Die party sê die slagoffer was in 'n psigiatriese krisis en mediese de-eskalasie moes ontvang het, in plaas daarvan om geskiet te word. Die voorval het kommer oor polisiebrutaliteit weer aangewakker na onlangse berigte van vermeende martelings in ander streke. In reaksie hierop doen die IPC 'n beroep op 'n onafhanklike ondersoek en die skep van 'n burgerlik-geleide liggaam om toesig te hou oor polisie-optrede. Kosmos 94.1 Nuus het met die amptelike leier van die opposisie in die Nasionale Vergadering, Imms Nashinge oor die voorval gepraat.
13 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26

Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste…
19 Oct 4AM 1 min

Tradisionele leiers moet hul gemeenskappe se kultuur bewaar - Sankwasa

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê tradisionele leiers moet daarop fokus om te alle tye hul gemeenskappe se leefwyse en kultuur te bewaar. Sankwasa woon tans die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo by. Hy het met Nampa gepraat en gesê…
19 Oct 4AM 1 min

Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van…
19 Oct 3AM 1 min