Lesotho se gevangenisse uiters swak

Loading player...
'n Verslag deur die Lesotho ombud, Tlotliso Polaki, met die titel A House Still in Ruins, waarsku teen verslegtende toestande in gevangenisse en geestesgesondheidsinstellings. Die verslag dui daarop dat slegs 9 persent van die aanbevelings wat sedert 2023 gemaak is, geïmplementeer is. Die tronkbevolking het gestyg tot meer as 2 700 gevangenes, met uitbrekings van tuberkulose, skabies en pellagra wat aangemeld is. Sy sê gevangenes het nie basiese sanitasie nie, terwyl toestande by die Mohlomi-geesteshospitaal nie internasionale standaarde haal nie:
12 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nascam 'ly onder swak toesig, ou stelsels en hoë koste'

Rauna Shipena, 'n spesialis in korporatiewe bestuur, sê deursigtigheid, verantwoordbaarheid en institusionele vertroue bly die grootste uitdagings vir die bestuur van die kreatiewe bedryf. Haar opmerkings kom nadat die raad van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, die uitvoerende hoof Albert Nicanor afgedank het na 'n…
15 May 8AM 1 min

Wat gebeur met Guptas se uitlewering, vra AfriForum

AfriForum sê die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, moet duidelikheid verskaf rondom die huidige status van pogings om die Gupta-broers uit die Verenigde Arabiese Emirate te laat uitlewer. Die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het verlede jaar verklaar hy sal 'n nuwe aansoek indien vir die uitlewering van Rajesh en…
15 May 8AM 1 min

SA steek Spanje verby in sitrusproduksie

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika se produksiegroei moet beloon word met groter diplomasie en infrastruktuur-ondersteuning. Dit volg nadat die land Spanje amptelik verbygesteek het as grootste sitrus-uitvoerder, met 2,9-miljoen ton in 2025. Dit word toegeskryf aan Spaanse boere wat toenemend probeer aanpas by ingewikkelde klimaatstoestande. Die departement…
15 May 6AM 1 min

Senior partyleiers begin veskuiwings maak om Starmer uit te daag

Politiek in die Arbeidersparty is bedrywig met verskeie senior partylede wat reeds verskuiwings begin maak om as leier van die party te staan. Die Britse politieke historikus Anthony Seldon voorspel die tydlyn vir wanneer 'n nuwe premier gekies kan word, en sê dit kan iewers in September wees, wat hy…
15 May 6AM 1 min

Stad Windhoek vra vir titelaktes

Stad Windhoek vra alle eiendomseienaars binne sy uitgebreide munisipale grense om hul titelaktes by die afdeling eiendomsbelasting en -tariewe in te dien. Dit is nodig om die munisipale faktureringstelsel vir eiendomme wat geraak word deur die grensuitbreidings wat op 1 Augustus 2018 in werking getree het, op te dateer. Dit…
15 May 6AM 1 min