SA se toerisme-herstel moet wyer ekonomiese voordele bevorder

Loading player...
ANEW Hotels and Resorts sê die herstel van Suid-Afrika se toerisme gaan oor meer as slegs besoekersgetalle. Die groep het gedurende die Afrika-toerisme-indaba in Durban, KwaZulu-Natal, gesê die sektor het herstel tot meer as 95-persent van die vlakke vóór die pandemie, maar meen die fokus moet nou op wyer ekonomiese voordele wees. Corne Visser van die maatskappy sê toerisme in Suid-Afrika moet wyer as die groot bestemmings groei sodat meer provinsies en gemeenskappe daarby kan baat:
12 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Emma gesels oor KI-wetsontwerp in China

'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.
7 Jul 6AM 1 min

Onwettige wapens, kapings in die soeklig in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê…
7 Jul 6AM 1 min

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om…
7 Jul 6AM 1 min

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds

Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer…
7 Jul 6AM 1 min