Kouefront saai amok in Wes-Kaap

Loading player...
Kaapstad se Ramprisiko-bestuursentrum sê die kouefront wat die land gister getref het, het aansienlike gevolge gehad. Hewige storms het oorstromings, kragonderbrekings en skade veroorsaak en in Kenilworth is een sterfte aangemeld. Die storm duur voort en alle staat- en spesiale skole in die Wes-Kaap is vandag gesluit. Rampbestuur se woordvoerder, Charlotte Powell, sê spanne sal voortgaan om probleme met dienste te hanteer, maar weens die sterk wind kan vertragings voorkom:
12 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Emma gesels oor KI-wetsontwerp in China

'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.
7 Jul 6AM 1 min

Onwettige wapens, kapings in die soeklig in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê…
7 Jul 6AM 1 min

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om…
7 Jul 6AM 1 min

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds

Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer…
7 Jul 6AM 1 min