Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê sakeman, Vusimusi “Cat” Matlala, het beweer hy is genader is om 'n projek te befonds vir iemand wat ANC-president of adjunkpresident wou word. Die geskorste polisieminister Senzo Mchunu was na bewering betrokke. Cele sê Matlala…
Die FBI het meer as 30 mense reg oor Amerika in hegtenis geneem in aparte, maar verwante onwettige dobbelsake, wat insluit sportsterre wat in die Nasionale Basketbalvereniging, die NBA, speel en lede van die Mafia. In die eerste saak het ses verdagtes na bewering binne-inligting gebruik en in sommige gevalle…
Daar is 'n tragiese verwikkeling na die stropery van Dorsland, die bekende swart renosterkoei wat dragtig was, in die Sorris Sorris-bewarea. Sy het 'n kalfie gehad wat weg was na haar dood, en 'n soektog is op tou gesit. Die kalfie se oorskot is gevind. Simson Uri-Khob van die Save…
Die Gasvryheidsvereniging se verslag vir die derde kwartaal van 2025 weerspieël positiewe groei, met die kamerbesetting wat met 2 persent op 'n jaarlikse basis gestyg het, en byna een persent hoër as in 2019. Intussen is meer as 80 individuele verslae vir September ontvang, en die aangepaste gemiddelde besetting was…
Air Namibia is in 2021 gelikwideer met ‘n skuldlas van amper 900 miljoen Namibiese dollar, en die regering beoog om weer 'n nasionale lugredery te begin. 'n Voormalige Air Namibia vlieënier, Vijay Jha, is van mening dit beteken nie die ondoeltreffendhede van die verlede sal herhaal word nie. 'n Openbare-private…
Die DA in die Wes-Kaap het die onlangse aanranding van 'n graad 10-leerder van die Hoërskool Milnerton in Kaapstad ten sterkste afgekeur. Agt leerders wat volgens berigte betrokke was by die aanranding, wat op video vasgelê is, is geskors en wag op tugverhore. Elmarie Linde van die DA sê leerders…
Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het beveel dat die parlementêre bevordering van wetsontwerpe wat verband hou met die anneksasie van die Wesoewer gestaak word. Dit volg na die Amerikaanse visepresident, JD Vance, 'n stemming oor twee wetsontwerpe in die Knesset 'n belediging genoem het. Die wetsontwerpe wat Israeliese wetgewing op…
WhatsApp-gesprekke wat as bewysstukke by die Madlanga-kommissie ingedien is, dui op voortdurende oorbetalings tussen Richard Shibiri van die polisie-eenheid vir georganiseerde misdaad en die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, wat van poging tot moord aangekla word. Getuie B het aan die kommissie gesê ondersoekbeamptes was glo geskok om die noue verbintenis…
Die Verenigde Nasies het die Seville-skuldforum bekend gestel vir regverdiger uitleen, vinniger herstrukturering en 'n langtermynhervorming van die na-oorlogse finansiële stelsel. Sowat 3,4-miljard mense leef in lande wat meer aan diensskuld as aan gesondheid of opvoeding bestee. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê meer as 60 ontwikkelende lande bestee…
Inwoners van die hoofstad sien deesdae gereeld NDF-vliegtuie en helikopters oor die hoofstad en luisteraars het navrae aan Kosmos 94.1 Nuus gerig daaroor. Die weermag se woordvoerder Paulus Shilumbu sê dit is algemene opleiding en daar is geen rede tot enige kommer nie.
Die onder-21 nasionale hokkiespan maak gereed vir die Wêreldbeker wat in Indië van 28 November tot 10 Desember plaasvind. Die span vertrek die 23ste November. Die Namibiese span sal môre 'n Padel for Purpose hou by die NamPadel bane om geld in te samel vir die span. Kosmos 94.1 Nuus…
Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke kon nie sy verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin 'n Cessna 406 in Pionierspark op 3 Mei verlede jaar neergestort het, binne ‘n jaar voltooi nie. Ondersoeker Ben Engelbrecht het destyds aan Kosmos 94.1 Nuus gesê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins…
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om die verslae te lees en openbare konsultasies oor die projek by te woon. Namcor-woordvoerder…
Die voormalige minister van polisie, Bheki Cele, skryf sy skorsing in 2011 en latere ontslag as nasionale kommissaris toe aan sy weiering om sekere bevele uit te voer en nie oor wangedrag nie. Hy het ook voor die parlement se ad hoc-komitee onthul dat Suid-Afrika amper sy gasheerregte vir 2010…
Rugby: Die All Blacks se hulp-afrigter, Jason Holland, gaan die span verlaat aan die einde van die seisoen wanneer sy huidige tweejaar-kontrak verstryk. Hy het verlede jaar by Nieu-Seeland se afrigtingspan aangesluit. Die 53-jarige is die tweede lid van Scott Robertson se afrigtingspan wat vertrek nadat Leon MacDonald verlede jaar…
Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlugvaartowerheid, Toska Sem, is aangestel as die tweede visevoorsitter van die Tegniese Kommissie van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, ICAO. Sy is deur Australië vir die rol genomineer met 'n sekondering deur Kameroen en Kazakstan tydens die onlangse 42ste ICAO-vergadering, wat in Montreal, Kanada, plaasgevind het…
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Zimbabwiese owerhede se besluit om die verbod op die invoer van mielies en ander graansoorte op te hef. Die minister beskryf dit as 'n belangrike stap in die rigting van die versterking van streeksvoedselsekerheid en ekonomiese samewerking. Die departement se woordvoerder, Joylene…
23 Oct 2025 8AM
1 min
1972 – 1992
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.