
Staak grondveilings: Sankwasa aan plaaslike owerhede
Loading player...
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het plaaslike owerhede opdrag gegee om die opveil van grond aan inwoners onmiddellik te staak. Sankwasa het vanoggend tydens 'n inlywingswerkswinkel in Rundu gesê die praktyk is onwettig en sal nie tydens sy ampstermyn geduld word nie. Sankwasa sê verder sy ministerie sal grondoudits binne plaaslike owerhede lei om deursigtigheid in grondeienaarskap te verseker.

