
Stelselprobleme kortwiek weer NamPol Gedragsertifikate-uitreiking
Loading player...
NamPol kan weereens nie Gedragsertifikate uitreik nie omdat die mag se Kriminele Rekordstelsel tegniese probleme ondervind. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te toon dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi.

