Amper 3 500 veldbrande om Kaapstad in 6 weke

Loading player...
Kaapstad sê brandstatistiek vir die afgelope agt weke toon ʼn jaar tot jaar toename in veld- en huisbrande. In vergelyking met die vorige jaar het brande in die verskillende kategorieë met tussen vyf- en 16-persent toegeneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê tussen 1 Desember 2025 en 15 Januarie vanjaar was daar 3 492 veldbrande, 332 in plakkerskampe en 244 in ander woongebiede:
19 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam moet Graad 11's toelaat, 'dis onderwysbeleid'

Die IPC se skadu-onderwysminister Bertha Nghifikwa, het Unam se besluit om Graad 11-leerders sonder AS van toelating uit te sluit, gekritiseer en gesê die stap is onregverdig en ongeregverdig. Nghifikwa voer aan dat Graad 11 formeel deur die regering goedgekeur is as 'n uittree-kwalifikasie tot tersiêre onderwys, en dat openbare…
19 Jan 9AM 1 min

Staak grondveilings: Sankwasa aan plaaslike owerhede

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het plaaslike owerhede opdrag gegee om die opveil van grond aan inwoners onmiddellik te staak. Sankwasa het vanoggend tydens 'n inlywingswerkswinkel in Rundu gesê die praktyk is onwettig en sal nie tydens sy ampstermyn geduld word nie. Sankwasa sê verder sy…
19 Jan 9AM 1 min

Nekundi maak stem dik oor staatswoonstelle-kwessies

Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het hervormings binne sy ministerie versoek wat spesifiek gemik is op verkrygingsvertragings en die verslegtende bestuur van staatswoonstelle. Nekundi het tydens hul eerste afspraak van die jaar met sy personeel gepraat en gesê daar is 'n langdurige mislukking om huurooreenkomste tussen die…
19 Jan 9AM 1 min

Groenland-kwessie vereis kalmte: VK se Starmer

Die Britse premier, Keir Starmer, het vanoggend die kwessie van Groenland aangespreek. Hy en sy Europese bondgenote skop vas, al dreig president Donald Trump tariewe vir die wat die Amerikaanse aankoop van Groenland teenstaan. Starmer sê Trump se dreigement is verkeerd en Brittanje se verhouding met die VSA is van…
19 Jan 9AM 1 min

Stelselprobleme kortwiek weer NamPol Gedragsertifikate-uitreiking

NamPol kan weereens nie Gedragsertifikate uitreik nie omdat die mag se Kriminele Rekordstelsel tegniese probleme ondervind. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te toon dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris…
19 Jan 8AM 1 min