
Namibiese gesondheidsowerhede volg op SA en waarsku oor aanvullings
Loading player...
Die Namibiese Medisyne Reguleringsraad het die publiek en gesondheidsorgpersoneel aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle produkte gebruik wat sinkpocinolaat en selenium bevat, veral in kinders onder 18 jaar. Hierdie elemente word dikwels gekombineer in aanvullings om immuunfunksie, velgesondheid en antioksidant-verdediging te ondersteun. Die advies volg op 'n onlangse besluit deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid om soortgelyke produkte vir gebruik by kinders te herroep. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, die gesondheid- woordvoerder gepraat.

