
Trump kan nie eienaarskap van Groenland afdreig nie
Loading player...
Die Deense minister van Buitelandse Sake, Lars Løkke Rasmussen, sê president Donald Trump van Amerika kan nie eienaarskap van Groenland deur dreigemente afdwing nie. Trump sê hy gaan sy dreigement uitvoer om tariewe te hef op Europese lande wat sy voorneme teenstaan om beheer te neem oor die semi-outonome Deense gebied. Europese bondgenote ondersteun Groenland se soewereiniteit. Rasmussen beklemtoon die behoefte aan opbouende gesprekke met Amerika en noue Europese samewerking:

