
Voorspelde groei sal niks aan werkloosheid doen nie
Loading player...
Namibië se ekonomie kan vanjaar momentum kry, met groei wat na verwagting 3,5 persent sal wees, teenoor verlede jaar se beraamde 3,1 persent, volgens die Wêreldbank. Dit plaas die land voor bure soos Angola, Botswana en Suid-Afrika. Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê egter dat dié syfer steeds te laag is om Namibië se werkloosheidskrisis te takel of die land op die pad na betekenisvolle industrialisering te plaas.

