Fishrotters soek weer uitstel, kom Woensdag weer voor

Loading player...
Die Fishrot-saak het weer vandag voorgekom vir ‘n besluit oor ‘n uitstel sowel as regshulp. Die groep beskuldigdes staan tereg op 42 aanklagte, insluitend afpersing, oortreding van die teenkorrupsiewet, sameswering, korrupte gebruik van 'n amp om beloning te ontvang, bedrog, diefstal, geldwassery en die verydeling of belemmering van die regsproses. Die saak is voorlopig tot Woensdag, 21 Januarie uitgestel. Regter Marilize du Plessis.
19 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staak grondveilings: Sankwasa aan plaaslike owerhede

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het plaaslike owerhede opdrag gegee om die opveil van grond aan inwoners onmiddellik te staak. Sankwasa het vanoggend tydens 'n inlywingswerkswinkel in Rundu gesê die praktyk is onwettig en sal nie tydens sy ampstermyn geduld word nie. Sankwasa sê verder sy…
19 Jan 9AM 1 min

Nekundi maak stem dik oor staatswoonstelle-kwessies

Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het hervormings binne sy ministerie versoek wat spesifiek gemik is op verkrygingsvertragings en die verslegtende bestuur van staatswoonstelle. Nekundi het tydens hul eerste afspraak van die jaar met sy personeel gepraat en gesê daar is 'n langdurige mislukking om huurooreenkomste tussen die…
19 Jan 9AM 1 min

Groenland-kwessie vereis kalmte: VK se Starmer

Die Britse premier, Keir Starmer, het vanoggend die kwessie van Groenland aangespreek. Hy en sy Europese bondgenote skop vas, al dreig president Donald Trump tariewe vir die wat die Amerikaanse aankoop van Groenland teenstaan. Starmer sê Trump se dreigement is verkeerd en Brittanje se verhouding met die VSA is van…
19 Jan 9AM 1 min

Stelselprobleme kortwiek weer NamPol Gedragsertifikate-uitreiking

NamPol kan weereens nie Gedragsertifikate uitreik nie omdat die mag se Kriminele Rekordstelsel tegniese probleme ondervind. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te toon dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris…
19 Jan 8AM 1 min

12 leerders sterf in botsing naby Vanderbijlpark

President Cyril Ramaphosa sê vanoggend se dodelike skoolvervoer-ongeluk in Gauteng is veral ontstellend omdat dit gebeur het op dieselfde dag wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie 'n verslag oor leerdervervoer in Noordwes gepubliseer het. Minstens 12 leerders is vanoggend dood toe hul voertuig naby Vanderbijlpark met 'n vragmotor gebots het. Die Presidensie…
19 Jan 8AM 1 min