Bitcoin betree al hoe meer hoofstroom beleggings

Loading player...
Bitcoin is nie meer net 'n spekulatiewe bate vir tegnologie-entoesiaste nie, dit word vinnig 'n strategiese finansiële instrument vir regerings en groot beleggers. Nikolai Tjongarero, stigter van Bitcoin Mining Namibia, sê 2025 het 'n toename in Bitcoin-beursverhandelde fondse en die opkoms van nasionale Bitcoin-reserwes gesien, wat instellings en lande nuwe maniere gee om in kripto te belê sonder om dit direk te hou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Tjongarero dat meer mense in 2026 digitale bates sal gebruik om hul ekonomieë te beskerm en hul afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder.
19 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aktivis kom op vir ma wat baba by kerk gelos het

Die onlangse inhegtenisneming van 'n 36-jarige vrou wat haar pasgebore baba by 'n kerk in Omingwelume in die Ohangwena-streek gelos het, het ‘n debat ontketen oor wat 'n wetlik erkende veilige plek is om babas te los. In 2019 het die regering aangekondig dat moeders nie vervolg sou word as…
29 Mar 3AM 1 min

Cyril waarsku Midde-Ooste oorlog sal SA ekonomie kniehalter

ANC-president Cyril Ramaphosa waarsku die toenemende konflik in die Midde-Ooste laat globale oliepryse die hoogte inskiet en sal ʼn negatiewe uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse ekonomie met skerp brandstofprysverhogings wat volgende maand verwag word. Ramaphosa het by die ANC in Mpumalanga se provinsiale verkiesingskonferensie in Mbombela gepraat. Hy sê die…
29 Mar 3AM 1 min

DA verwelkom troepe in bendegeteisterde gemeenskappe

Die DA verwelkom die bevestiging dat die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, ter ondersteuning van die polisie in gemeenskappe wat deur bendegeweld geraak word, Woensdag sal begin. Die party sê gemeenskappe wat daaglikse geweld in die gesig staar, verdien dringende ingryping. Nicholas Gotsell van die DA sê die parlement…
29 Mar 2AM 1 min

Parlementêre Dienskommissie steeds nie gestig

Die kwessie van die stigting van 'n Parlementêre Dienskommissie is terug in die parlement. Aanvanklik in 2024 as 'n mosie ter tafel gelê, sou die kommissie die werwing van professionele personeel stroomlyn, dissiplinêre optrede teen personeel afdwing, en personeel van die twee huise van die parlement bevorder en oorplaas. Swapo-parlementslid…
29 Mar 1AM 1 min

Tiger Woods kry borgtog in dronkbestuursaak

Gholf: Tiger Woods is op borgtog vrygelaat na sy inhegtenisneming op 'n aanklag van dronkbestuur nadat hy gistermiddag sy motor tydens 'n ongeluk in Florida gerol het. Sheriff John Budensiek by die Martin County-balju se kantoor het gesê die 15-malige Major-kampioen is ook aangekla van saakbeskadiging en weiering om 'n…
29 Mar 1AM 1 min