
Bitcoin betree al hoe meer hoofstroom beleggings
Loading player...
Bitcoin is nie meer net 'n spekulatiewe bate vir tegnologie-entoesiaste nie, dit word vinnig 'n strategiese finansiële instrument vir regerings en groot beleggers. Nikolai Tjongarero, stigter van Bitcoin Mining Namibia, sê 2025 het 'n toename in Bitcoin-beursverhandelde fondse en die opkoms van nasionale Bitcoin-reserwes gesien, wat instellings en lande nuwe maniere gee om in kripto te belê sonder om dit direk te hou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Tjongarero dat meer mense in 2026 digitale bates sal gebruik om hul ekonomieë te beskerm en hul afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder.

