

Subscribe to this channel
You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed
You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts
This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Spotify
This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm
Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
12
APR
12pm
Ministerie van Arbeid bevestig D&M plasings
Die Namibiese Ministerie van Arbeid het bevestig dat D&M Rail alle vakante poste deur hom gevul het. Luidens ‘n verklaring deur die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja, is 45 werksoekers suksesvol by die maatskappy geplaas vir sy jongste projek. Daar was vroeër betogings met werkers wat gesê het onwettige prosedure is gevolg om werksoekers aan te stel. Usi //Hoebeb, Woordvoerder van die maatskappy, het hulle standpunt vroeër so verwoord.
12
APR
12pm
Afrika kan entstof vervaardig, en versprei
Die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa sê Afrika-lande beskik oor die nodige tegnologie, vaardighede en kennis om hul eie volskaalse inenting produksie-fasiliteitete bou. Hy sê die Covid-19 pandemie het Afrika-lande 'n verskeidenheid geleenthede gebied, om nou beduidende verandering in hul gesondheids-sorg stelsels mee te bring. Kosmos 94.1 se Kaapse Korrespondent Fritz Platt het die storie...
12
APR
12pm
Damme lyk goed, Hardap verloor weer 1,9m kubiek
Waterbronne in die sentrale gebied is tans op 91,3 persent en die stand van die sentrale damme lyk baie positief. Yanna Smith het die besonderhede oor die jongste dam bulletin soos verskaf deur NamWater....
12
APR
11am
En nou is dit tyd vir die winter
Die somerreën is verby en die winter is op pad. Maar, daar is steeds goeie nuus omdat dit wil voorkom asof volgende jaar ook ‘n goeie seisoen kan oplewer. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike Meteoroloog in Suid-Afrika....
12
APR
11am
120 leerders onder nuwe Covid-gevalle
Daar is 260 nuwe gevalle van Covid in Namibië bevestig. ‘n Totaal van 120 gevalle is leerders waarvan die meerderheid by die Rehoboth Hoërskool bevestig is. Rehoboth het 95 gevalle aangemeld. Die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die besonderhede..
12
APR
8am
Fenata vergader Donderdag
Die Federasie van Namibiese Toerisme Verenigings bekend as Fenata, sal Donderdag sy Nasionale Toerisme Dialoog-dag hou. Kwessies wat die bedryf raak sal bespreek word. Nrupesh Soni, die Stigter van die Namibiese Reis en Toerisme Forum sal die gesprek bywoon...
12
APR
8am
Kaapstad eise miljoene by betogers
Die Stad Kaapstad gaan voort met 'n siviele eis van 1,3 miljoen Namibiese doller teen die groep, Gatvol Capetonian. Hulle het ook 'n aparte eis van 87 000 doller teen die EFF ingedien. Die Stad sê die saak teen Gatvol Capetonian hou verband met 'n voorval in 2019 toe hulle paaie versper het. Die Stad se Woordvoerder, Greg Wagner, sê die saak teen die EFF spruit voort uit skade aan infrastruktuur wat in November tydens betogings in Brackenfell aangerig is. Wagner sê burgemeester Dan Plato het 'n beroep gedoen vir almal se regte om gerespekteer te word:
12
APR
7am
Rand versterk goed, ekonome reageer
Reaksie is ontvang op die versterking van die Suid-Afrikaans erand. Ekonome in die buurland sê die mark is optimisties, gerugsteun deur vordering met die korona-virus entstof en optimisme oor wêreldwye ekonomiese groei. Cheryl Emvula 'n ekonoom by Cirrus in Windhoek het dit so verwoord...
12
APR
7am
Vlugtelinge het hulle eie Olimpiese span
Die VN se vlugteling agentskap het weer die jaar ‘n Olimpiese span wat uit vlugtelinge bestaan en in Tokio sal meeding. Die eerste span van so ‘n aard het reeds in 2016 aan die Spele deelgeneem. Kenners meen dit bied groot ontvlugting vir mense wat ontwortel is deur geweld en ander rampe. Die Namibiese Minister van Sport, Agnes Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
12
APR
7am
Blade-hulle gekant teen parool vir Walus
Die Hoofsekretaris van die SAKP in Suid-Afrika, Blade Nzimande, sê hulle is steeds sterk gekant teen die vrylating van die veroordeelde moordenaar, Janusz Walus, en geëis dat die waarheid agter Chris Hani se sluipmoord ontbloot moet word:
12
APR
6am
Okahandja vergader met inwoners
Die Okahandja Dorpsraad sal ‘n reeks vergaderings met inwoners hou in ‘n poging om raadslede aan die gemeenskap voor te stel en ontwikkelingsplanne te bespreek. Die Adjunk Burgemeester Vincent Kariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..
12
APR
6am
Eis opleidingheffing so terug
Die Namibiese Opleidingsowerheid het werkgewers daaraan herinner dat hulle 50 persent van hulle opleidingsheffing kan terugeis. Die sperdatum is 1 Mei en daar is verskeie stappe wat werkgewers moet volg, soos Morne Louw, die owerheid se Bestuurder van Kommunikasie verduidelik.