
Namibiese navorsing internasionaal geloof
Loading player...
Reaksie word ontvang op die Namibiese ekoloog, dr. Saima Shikesho, se studie oor die rol van swartrugjakkalse in die verspreiding van !nara-sade wat as die Navorsingstuk van die Jaar vir 2024 aangewys is deur die Zoological Society of London se Journal of Zoology. Volgens kenners kan die eer nog vele Namibiërs toekom, want daar is nog baie om te bestudeer en te ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, professor Morgan Hauptfleisch gepraat.

